Die Quadrantides is ’n meteoorreën wat elke jaar in Januarie te sien is. Die maksimum komete wat waargeneem kan word, is soms net so baie as dié van twee aktiewe reëns, die Perseïdes in Augustus en die Geminides in Desember, maar Quadrantide-meteore word minder dikwels gesien omdat die hoogtepunt kort duur – soms net ’n paar uur.

Algemene inligting Die meteore oorskry die helfte van hul maksimum getal vir net agt uur (in vergelyking met twee dae by die Perseïdes). Dit beteken die stroom stofdeeltjies wat die Quadrantides veroorsaak, is besonder smal. Die moederliggaam van die meteoorreën is tentatief in 2003 deur Peter Jenniskens geïdentifiseer as die kleinplaneet , wat op sy beurt kan verband hou met die komeet C/1490 Y1, wat sowat 500 jaar gelede deur Sjinese, Japannese en Koreaanse sterrekundiges waargeneem is.

Die uitstralingspunt van dié meteoorreën is in die sterrebeeld Veewagter, nie ver van die Groot Wa nie. Dit word die beste in die Noordelike Halfrond gesien, maar is ook sigbaar tot 51 grade suid.

Die naam is afgelei van Quadrans Muralis, ’n voormalige sterrebeeld wat in 1795 deur die Franse sterrekundige Jérôme Lalande geskep en nou deel van die Veewagter is. Vroeg in Januarie 1825 het Antonio Brucalassi in Italië berig oor die "talle helder liggame in die lug wat bekend is as verskietende sterre". Dit het gelyk of hulle uit Quadrans Muralis kom. In 1839 het Adolphe Quetelet in België en Edward C. Herrick in Amerika onafhanklik van mekaar voorgestel dat die Quadrantides ’n jaarlikse meteoorreën is.

Bekende Quadrantides Jaar Aktief Hoogtepunt Maksimum per uur20081–5 Januarie 4 Januarie8220091–5 Januarie 3 Januarie1462010 3 Januarie IMO Meteor Shower Calendar 2010: January to March201128 Desember – 12 Januarie 3 Januarie90201228 Desember – 12 Januarie 4 Januarie832013 3 Januarie1372013 Quadrantid Shower (Chris L Peterson @ Cloudbait Observatory)2014 4 Januarie315 2016 Worldwide viewing times for the 2016 Quadrantids meteor shower

Verwysings

Eksterne skakels NASA Quadrantid Airborne Campaign 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Meteoorreëns Kategorie:Veewagter (sterrebeeld)