Akademia is ’n Suid-Afrikaanse privaatverskaffer van hoëronderwys in Afrikaans. https://universities.co.za/places/akademia/ Opgespoor en besoek op 16 Maart 2024 Dit is in 2011 deur Solidariteit gestig. Marthinus Visser dien as die besturende direkteur van Akademia en prof. Danie Goosen as akademiese hoof.https://akademia.ac.za/personeel/akademie/bestuur/#_bestuurspan . Akademia. Besoek op 27 Mei 2021.
Weens druk op voormalige Afrikaanse tersiêre instellings om Engels in plek van Afrikaans as voertaal aan te neem het die Afrikaanse hoëronderwysaanbod in Suid-Afrika drasties gekrimp en Akademia poog om hierdie gaping te vul. Akademia is deur die Hoëronderwyskwaliteitskomitee van die Raad op Hoëronderwys in Suid-Afrika geakkrediteer. Akademia bestaan tans uit vyf fakulteite wat verskeie grade, hoërsertifikate en nagraadse en gevorderde diplomas deur middel van die nauurse afstandmodel, waar studente nauurs lesings bywoon of aanlyn via e-leer studeer, en sedert 2021 deur middel van die voltydse kontakmodel, waar studente tradisionele lesings bywoon, aanbied.
By Akademia se gradeplegtigheid in Mei 2026 is 747 kwalifikasies toegeken. Die oudste afgestudeerde student was 62 terwyl 49 studente ouer as 40 en 108 studente ouer as 30 was.
Fakulteite Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe bied BCom-grade, hoërsertifikate, nagraadse diplomas en gevorderde diplomas aan. 'n Honneursgraad in ondernemingsbestuurhttps://akademia.ac.za/2023/01/04/bcomhons-2023/ Besoek op 11 Januarie 2023 en 'n meestersgraad in besigheidsadministrasie word beplan.https://akademia.ac.za/toekomsmusiek/ekonomiese-bestuurswetenskappe/#fakulteitgroei . Akademia. Besoek op 27 Mei 2021. Dr. Rachel Maritz is die dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.
Fakulteit Geesteswetenskappe Die Fakulteit Geesteswetenskappe bied BA-, BSocSci- en BAHons-grade aan.https://www.bfnafrkultuur.org.za/index.php/component/k2/item/50-akademia-universiteit Besoek op 16 Maart 2024. Prof. Pieter Duvenage was die dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe.
Fakulteit Natuurwetenskappe Die Fakulteit Natuurwetenskappe bied BSc-grade aan. 'n BScHons-graad in rekenaarwetenskap word beplan. Die fakulteit het hul eerste kwalifikasie, BSc (Wiskundige Wetenskappe), in 2021 bekendgestel. Prof. Jaco du Toit is die dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe.
Fakulteit Regsgeleerdheid Die Fakulteit Regsgeleerdheid bied 'n Baccalaureus Legum (LLB)-graad aan. 'n BA (Regte) word beplan. Prof. Hermie Coetzee dien tans as die dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid.
Fakulteit Opvoedkunde Die Fakulteit Opvoedkunde bied tans drie kwalifikasies aan, naamlik die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS) - Senior Fase- en VOO-onderwys, en BEd-kwalifikasies vir Grondslag- en Intermediêre Fase. Prof. Gawie du Toit is die dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde.
Toekomstige Fakulteite Daar word beplan dat die Fakulteit Gesondheidswetenskappe BNur (Verpleegkunde) sal aanbied sodra die nodige akkreditasie verkry is. Verder word daar beplan dat die Fakulteit Ingenieurswese teen 2026 twee kwalifikasies, BIng (Elektroniese Ingenieurswese) en BIng (Elektriese Ingenieurswese), sal aanbied.https://akademia.ac.za/toekomsmusiek/ingenieurswese/#fakulteitgroei . Akademia. Besoek op 27 Mei 2021.
Studiesentrums Akademia se studiesentrums verskil effens van die tradisionele universiteitskampus deurdat dit hoofsaaklik van tegnologie en afstandleer gebruik maak. Studente het by hierdie studiesentrums toegang tot gratis internet om van die aanlyngeriewe soos "Die Spens" (Akademia se aanlynstelsel) gebruik te maak. Verder kan die studente ook konferensies en klasse digitaal bywoon by hierdie sentrums.
Akademia het tans 'n landswye netwerk van studiesentrums.
Studiesentrums volgens plek
Naam Stad Provinsie Besonderhede Bellville Kaapstad Wes-Kaap Bloemfontein Bloemfontein Vrystaat Centurion Centurion Gauteng Die oorspronklike studiesentrum asook die hoofkantoor van Akademia George George Wes-Kaap Krugersdorp Krugersdorp Gauteng Paarl Paarl Wes-Kaap Pretoria-Lynnwood Pretoria Gauteng Pretoria-Die Moot Pretoria Gauteng Somersetwes Kaapstad Wes-Kaap Vanderbijlpark Vanderbijlpark Gauteng
Kampusse Centurion-kampus Akademia het op 15 Maart 2021 'n tussentydse kampus in Centurion in gebruik geneem waar voltydse studente klasse bywoon. Die Centurion-kampus beskik oor 'n kafeteria, kliëntedienssentrum, biblioteek en behuising vir voltydse studente.
Pretoria-Oos-kampus Akademia besit 'n gebied van ongeveer 220 hektaar in die ooste van Pretoria waar daar beplan word om 'n nuwe residensiële kampus te bou.https://www.youtube.com/watch?v=F3zj-I51MWc. Morning Shot. Onderhoud oorspronklik in Engels. Besoek op 27 Mei 2021. Daar word beoog dat die kampus teen 2028 in gebruik geneem sal word en dat dit 5000 voorgraadse en 2000 nagraadse studente sal huisves.https://akademia.ac.za/toekomsmusiek/. Akademia. Besoek op 27 Mei 2021.
Buitelandse studente Vanaf 2021 kan Afrikaanssprekendes in die buiteland ook aan Akademia studeer.
Akademia et al. Akademia et al., gesetel onder die Akademia-vaandel, is in 2022 gevestig om praktykgerigte kortkursusse met ʼn akademiese onderbou aan individue en/of ondernemings te bied. Dié kortkursusse word aangebied deur uitgesoekte akademici en kundiges en word verpak om te fokus op die behoeftes van die werksplek asook akademiese verdieping.
Akademia et al. is daargestel om kortkursusse vir sertifikaatdoeleindes aan te bied bo en behalwe die Raad op Hoëronderwys (RHO)-geakkrediteerde kwalifikasies wat tans deur Akademia aangebied word. Die opleidingsplatform bied die geleentheid aan individue om hulleself te ontwikkel, kennis te verdiep en hulleself beter toe te rus vir die werksplek (ongeag of hulle ʼn formele RHO-geakkrediteerde kwalifikasie vooraf voltooi het).
Kritiek In 2014 het Blade Nzimande, minister van hoëronderwys, gedreig om Akademia te sluit omdat hy dit as "rassisties" beskou het.
Die skrywer Naomi Meyer het studie by Akademia met "laertrek" en om "my klein taal in 'n klein groepie mense te gaan praat en iewers op 'n soort Patmos-eiland te gaan sit" vergelyk en voer aan dat sy eerder haar kinders in skole en universiteite sal plaas wat hulle "toerus om te sukkel met die kompleksiteite van 'n multikulturele omgewing en ook die interessantheid en omvang van ander mense in hierdie land se menswees [...] leer verstaan".
Volgens Jonathan Jansen hou Akademia 'n "gevaar" vir demokrasie in en isoleer dit sy studente.
Naledi Pandor het na Akademia as 'n "gevaar" verwys en gesê swart mense moet hulle daarteen uitspreek. Sy het bygevoeg: "Diegene wat aan bewind was, gee nie maklik beheer prys nie. Hulle soek dus na ander maniere." Sy voer verder aan dat "hulle weier om die kapitaal te belê wat hulle besit en op onregmatige wyse deur kolonialisme en imperiale oorheersing verkry het."
Volgens Piet Croucamp is Akademia "voorskriftelik" oor "kulturele en religieuse voorkeure" en bied dit "min ruimte vir kritiese denke". Hy voer aan dat dit "byna 'n uitgemaakte saak" is dat afgestudeerde "kinders" sal sukkel om aan te pas wanneer hulle "tussen 63 miljoen Suid-Afrikaners 'n lewensruimte moet vind". Croucamp meen Akademia is nie slegs 'n universiteit nie, maar ook 'n politieke projek, en dat Solidariteit "Afrikaanse onderwys misbruik om hul kinders en studente in hul eie politieke vrese gevange te hou". Hy voer verder aan dat Akademia "bevry moet word van die politieke bagasie waarmee dit nog altyd belas is" en dat hy vir "duisende bruin Afrikaanssprekende kinders" plek sou maak by Akademia en Sol-Tech.
Verwysings
Sien ook Lys van Afrikaanse Universiteite Solidariteit
Eksterne skakels