Die toom-snellervis (Sufflamen fraenatum) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Indiese- en Stille oseane, Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Bridle triggerfish.
Identifikasie Die vis word tot 38 cm lank. Die vis kan sy kleur verander van ligbruin tot donkerbruin. Die mannetjies het 'n pienkerige geel merk om die bek wat die toomeffek gee. Die onvolwasse visse is wit met 'n bruin rug en golfvormige horisontale strepe oor die kante.
Die vis leef aflandig in koraal- en rotsriwwe in water wat 8 tot 150 m diep is. Hulle is alleenlopers en vreet skaaldiere, spons en ander vis.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Sufflamen-fraenatum.html
Kategorie:Beenvisse