Ronald Kenneth (Ronnie) Belcher (21 April 1933 – 21 Oktober 2006) was ’n Afrikaanse digter, lektor en uitgewer. Hy is veral bekend vir sy vrolike kwatryne in bundels soos So is die lewe vir een pond sewe. Hy het ook kinderverse geskryf.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Lewe en werk Ronald Kenneth Belcher is op 21 April 1933 in Goodwood gebore as die sesde van twaalf kinders in ’n Engelssprekende gesin. Sy pa was ’n boer op ’n kleinhoewe en na sy pa se tweede huwelik kry hy nog ’n halfsuster by. Hy gaan skool by Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch, maar word na standerd agt uit die skool gehaal om kleikapper en baksteendraer te word op sy pa se kleinhoewe in Bottelary.
In 1950 matrikuleer hy aan die Hoërskool Goodwood in Epping, waarna hy aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Hy moet sy studies drie maal onderbreek weens ’n tekort aan geld, en werk as jong man in 1953 ’n jaar lank in ’n asbesmyn in Shabani in die destydse Suid-Rhodesië om geld te verdien om vir sy studies te betaal. Uiteindelik behaal hy die B.A.-graad in 1956, die B.A. Honneurs-graad in 1957 en die M.A.-graad in 1959 met ’n verhandeling oor “Die sonnet as digvorm”.
Tydens die studies vir sy meestersgraad kan hy nie ’n kamer bekostig nie en moet staatmaak op vriende vir slaapplek, terwyl hy vir sy deurgetrapte skoene binnesole van karton insit.Abraham de Vries in “Volksblad” van 26 Oktober 2006 Na universiteit werk hy agtereenvolgens as taalkundige by Sanlam, verslaggewer by Die Burger en in 1959 as redakteur by Tafelberg-Uitgewers. In hierdie tyd is hy as losvoorspeler ’n kranige rugbyspeler vir die klubs Union en Van der Stel en word onder andere per geleentheid gekies as Van der Stel se Sportman van die Jaar. In 1969 promoveer hy (D.Litt.-graad) aan die Universiteit van Stellenbosch met ’n proefskrif oor “Die poëties-psigologiese grondslag van die sonnetvorm. ’n Ondersoek na die vormproblematiek van die sonnet”, wat later in verkorte en verwerkte vorm gepubliseer word as “Grondslae van die sonnetvorm”.
Sy vrou, Ella du Toit, ontmoet hy in hierdie tyd. Die egpaar het twee kinders, ’n dogter Renée en ’n seun, Ronald Kenneth (Ronnie) Belcher, wat ’n bekende sanger is. Hy koop vir hom ’n erf tussen Strand en Gordonsbaai, waar hy eiehandig in sy vrye tyd ’n huis vir hom en sy gesin bou.Remembered: http://remembered.co.za/obituary/view/9083
In 1960 word hy eers assistent en dan lektor by die Universiteit van Stellenbosch,Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Belcher,_Ronnie_(Ronald_Kenneth) waarna hy in Maart 1964 aangestel is as lektor in Afrikaans-Nederlands aan die Universiteitskollege van Wes-Kaapland en in 1966 bevorder word tot senior lektor. Hierdie betrekking beklee hy tot 1971 voltyds en tot Junie 1972 deeltyds. Dan word hy aangestel as publisiteitsbeampte in die departement van ontwikkeling aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy in 1975 redakteur is van Matieland en in 1976 bestuurder is van die Stellenbosch Universiteitskoor en die universiteit se blaasorkes. Hy neem dan ’n betrekking as senior lektor aan die Universiteit van Natal. In 1986 word hy aangestel as professor en hoof van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Bophuthatswana (later deel van die Noordwes-Universiteit). Sy intreerede by hierdie universiteit lewer hy in 1988 onder die titel “Afrikaans: a reappraisal”.
In 1990 tree hy af en in dieselfde jaar vestig hy hom op Belcher Wynplaas in die Paarl, waar hy vir ses jaar lank sy eie wyn maak. In 1992 verower hy met sy heel eerste wyne drie brons-medaljes in die gesogte Veritas-toekennings. Hy verkoop die plaas in 1995 aan ’n Singapoerse ontwikkelaar. In 2000 word hy stigter en rektor van ’n onafhanklike kollege (Suider-Kollege) wat graad- en diploma-onderrig aanbied op kampusse regdeur die land. Dit is die eerste geregistreerde private hoër onderwys-inrigting wat deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Outoriteit (SAQA) as ’n universiteit geakkrediteer is.Dekker, G. “Afrikaanse Literatuurgeskiedenis” Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 Hier bedryf hy ook sy eie uitgewerye, Suider-Kollege Uitgewers en Sonop Uitgewers, op ’n nie-winsgewende basis ten einde belowende digters en skrywers die geleentheid te gee om te publiseer. Noemenswaardige debute op hierdie wyse sluit in Zandra Bezuidenhout en Christine Barkhuizen le Roux. ’n Verdere afdeling van Suider-Kollege is Die Kollege vir Literêre Kunste, wat ’n kursus in poësietegniek dwarsdeur die land per afstandsonderrig aanbied.Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
Hy is ’n gereelde aanbieder van gratis poësielesse aan lede van die gemeenskappe van Cloetesville en Kayamandi op Stellenbosch en reël maandelikse Afrikaanse poësie-aande op die Stellenbosse wynlandgoed Koopmanskloof. In sy latere lewe begin hy werk aan ’n verdere doktorsgraad (Ph.D.-graad) onder leiding van Bun Booyens oor “Die volkskultuur van die Afrikaanse Kleurling met spesiale verwysing na die volkstaal en letterkunde”.ATKV-Skrywersalbum op LitNet, gedateer 28 Januarie 2011 Hoewel hy nie hierdie studie voltooi nie, reis hy landswyd om navorsing te doen oor die mondelingse letterkunde van die Afrikaanse bruin mense, vernaamlik die Griekwas se volksletterkunde, musiek en geskiedenis. Hy word die beskermheer van die Griekwa Nasionale Koor en tree gereeld op as beoordelaar by Griekwa-koorkompetisies en per geleentheid ook tydens die Nasionale Maleier koorkompetisie. Met sy sewentigste verjaarsdag in 2003 beland die gelukwensing per ongeluk onder Die Burger se sterfgevalle, wat daartoe lei dat mense van heinde en ver bel om hulle meegevoel te betuig. Sy reaksie was, “my vrou sê ek is gevrek, maar ek is darem nog nie morsdood nie”.Thinus Ferreira in “Die Burger” 22 April 2003 Hy is op Saterdag, 21 Oktober 2006 op Stellenbosch aan kanker oorlede.De Vries, Abraham “Geliefde en vereerde digter gegroet” “Volksblad” 26 Oktober 2006
Skryfwerk As digter word hy veral bekend met sy speelse volksverse en ook sy sonnette, ’n versvorm wat hy meermale gebruik en baie goed beheer. Verder maak hy kwistig gebruik van die Kaapse spreektaal en idioom om ook ernstige temas, insluitend die godsdiens, aan te spreek. So omdig hy die Onse Vader in Tronkafrikaans en skryf ’n gedig oor die kruisiging in Kaaps, maar toon tog verskuldigde eerbied waar dit van pas en nodig is. Sy debuut is met “Mens en Skepper”,Antonissen, Rob “Standpunte” Nuwe reeks 17 en 18, Mei-Desember 1957 waarin hoofsaaklik in die sonnetvorm besin word oor die verhouding van die mens teenoor sy Skepper en ook die mens se rol as skepper van gedigte.Antonissen, Rob “Kern en tooi” Nasou Beperk Eerste uitgawe Eerste druk Elsiesrivier 1963 Ander temas is Christus wat haweloos onder die mensdom verkeer in ’n godvergete samelewing, asook die liefde vir die vrou. Dit is ’n bundel waarin al die onderwerpe ernstig is en die gedrae aard van die gedigte sluit by die inhoud aan. “District Six” is ’n uitsondering met sy meer lighartige benadering van die sosiale en kleurproblematiek van die bruin mense. Daar is ook vrye verse. “Ver land”Antonissen, Rob “Standpunte” Nuwe reeks 38-39, Desember 1961-Februarie 1962 (waar die titel die afstand tussen die mens en die Beloofde Land impliseer), beskryf die stryd tussen die mens se begeerte om ’n gesuiwerde dissipel van Christus te wees,Antonissen, Rob “Spitsberaad” Nasou Beperk Elsiesrivier Eerste uitgawe Eerste druk 1966 teenoor die sondige begeertes wat van die mens besit neem. Hierdie temas word somtyds weergegee in die Kleurling-idioom as voorloper van sy latere verse. Die bundel word in twee afdelings verdeel, waarvan die eerste “Ver land” is.Stemmet, K. “Inset”, Oktober 1961 Dit is veral die gedig “Voël” wat treffend is in sy uitbeelding van ’n dooie voël, wie se sang voortleef in die fluit wat van sy borsbeentjie gemaak word. Hier is ook realistiese sienings soos in “Jimmy Read”, waar ’n visser wat sy lewe gegee het om ’n ander te red, gehuldig word. Die tweede afdeling is “Dissipel”, ’n reeks sonnette waarin die digter die stryd tussen die vlees en gees uitbeeld.
Belcher se gedigte in “So is die lewe vir een pond sewe”Brink, André P. “Rapport” 1 April 1979 is volksverse waarin eg Boerse ma-nier veral die seksuele, die godsdiens, natuur en die dood vernuftig bewoord word.Brink, André P. “Tweede Voorlopige Rapport” Human & Rousseau Kaapstad Pretoria Johannesburg
Eerste uitgawe 1980 Die kwatryne maak hier dikwels (maar nie altyd nie) gebruik van die tradisionele dansliedjievorm,Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 19 no. 3, September 1979 waar die tweede reël ’n herhaling van die eerste is met ’n “o” of “ja” vooraan die tweede, en reëls drie en vier niks te make het met die eerste twee nie. Hoewel die gedigte oënskynlik willekeurig gerangskik is, sorg die volkse perspektief vir binding. Die komiese in die bundel oorheers, maar daar is tog ook ’n groot aantal gedigte wat vra vir dieper dink oor die wonder en swaarkry van die lewe.Van Zyl, Dorothea “Beeld” 28 Mei 1979 Die vernuftige woordgebruik, spontane ritme en ongewone perspektief op gewone dinge soos die liefde en die seksuele maak van hierdie bundel ’n treffer wat meermale herdruk word. Die sukses van hierdie bundel word opgevolg met die soortgelyke “’n Ding om te skil in die maand April”.Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 22 no. 2, Junie 1982 Die bundel bevat kwatryne oor die dood, godsdiens en die seksuele, hierdie keer meestal in meer konvensionele kwatrynvorm met ’n oorwegend aaba rymskema.Malan, Lucas “Rapport” 30 Januarie 1994 Daar is ook droogteverse, spotverse en ’n aantal politieke kwatryne. Weereens beïndruk die raak segging met paradoks, dubbelsinnigheid en veral suggestie wat telkens ’n besondere verrassing bewerkstellig. “My hart sing sewe moppies”Grové, A.P. “Beeld” 28 Oktober 1996 bevat kwatryne met ’n oorwegend speelse toonaard.Olivier, Fanie “Beeld” 30 Maart 1981 ’n Moppie is ’n komiese liedjie wat veral deur die Kaapse mense van Maleise afkoms gesing word.Cloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 20 no. 3, Augustus 1982 Belcher werk vernuftig met woordspelings en teenstellings en baie van die kwatryne bevat guitige dubbelsinnige seksuele implikasies, terwyl meer ernstige onderwerpe ook aangeroer word. Die oorwegende doel van die moppiesHugo, Daniël “Insig” Januarie 1997 is egter om te bekoor en te vermaak, eerder as om te onderrig of tot nadenke te stem.Hambidge, Joan “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 35 no. 1, Februarie 1997