James Dean Belelie is 'n Suid-Afrikaanse skrywer. Hy atrikuleer in 1976 aan die Esselenpark Sekondêre Skool. Hy is 'n lid van die Parklane Amateur Toneelvereniging en in 1989 'n stigterslid van die Worcester Kultuur Vereniging. Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/Dramatic_Society_of_Worcester

Skryfwerk Die dramas wat hy skryf en wat in hierdie tyd opgevoer word spreek almal maatskaplike probleme van die gemeenskap aan, soos werkloosheid, armoede, alkohol- en dwelmmisbruik en kindermishandeling.  Hierdie temas en opvoerings was besonder gevaarlik gesien in die lig van die noodtoestand wat in die laat tagtigerjare in die land geheers het en die spesiale polisie-eenheid wat anti-regering sentimente bestry wat in hierdie tyd in Worcester gestasioneer was. Hierdie dramas sluit in “Geld vir brood”, “Francois my kind” en “Die dromer”.Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/James_Dean_Belelie

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers