duimnael|240px|’n Bolied (’n baie helder meteoor met ’n sigbare magnitude van of helderder). duimnael|240px|’n Kaart van boliedvoorvalle oor die Aarde heen (1994–2013).
’n Bolied (van die Griekse βολίς bolis, "missiel" of "om te flits")http://www.merriam-webster.com/dictionary/bolide is ’n uiters helder meteoor, veral een wat in die atmosfeer ontplof. In sterrekunde verwys dit na ’n vuurbal wat omtrent so helder soos die volmaan is. In geologie is ’n bolied iets wat ’n baie groot impak veroorsaak.
Sterrekunde duimnael|’n Animasie van ’n bolied wat in die atmosfeer ontplof.
Een definisie beskryf ’n bolied as ’n vuurbal wat ’n skynbare magnitude van of helderder bereik, wat twee keer so helder soos die volmaan is.:156 Die IAU het nie ’n amptelike definisie nie en beskou die term "bolied" as ’n sinoniem vir "vuurbal", ’n buitengewoon helder meteoor, veral as dit ontplof (ook soms ’n ontploffende vuurbal genoem) of hoorbaar is.
’n Superbolied is ’n bolied met ’n sigbare magnitude van of helderder.:133 Voorbeelde van superboliede is: Die Toengoeska-voorval (Rusland, 1908) Die Sulawesi-superbolied (Indonesië, 2009) Die meteoor van Tsjeljabinsk (Rusland, 2013)
Geologie Geoloë heg ’n effens ander betekenis aan die woord "bolied". In geologie is dit ’n liggaam wat ’n baie groot impak veroorsaak en ’n groot krater vorm; die samestelling daarvan (byvoorbeeld of dit ’n rots- of metaal-asteroïde of ’n yskomeet is) is onbekend.
Galery
Verwysings
Eksterne skakels Historiese rekord van boliede wat die Aarde se atmosfeer tussen 861 tot 2012 binnegedring het (B612-stigting) Boliedvoorvalle 1994 - 2013 neo.jpl.nasa.gov 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Meteoroïdes