Die Hoektand-tuna (Gymnosarda unicolor) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Dogtooth tuna.

Identifikasie Die vis word tot 180 cm lank. Dit het 'n robuuste, silwer lyf en die bek is vol slagtande. Die punte van die agterste dorsale- en analevinne is wit. Die sylyn staan uit.

Hulle besoek gereeld die dieper gedeeltes van strandmere, steil kanale en die buitenste hellings van riwwe in water wat 1 tot 60m diep is. Hulle is alleenlopers of kom in klein groepies voor. Dit is 'n roofvis en seldsaam in Suid-Afrikaanse waters. Hulle jag graag die piesangvisse.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Verwysings

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Gymnosarda-unicolor.html

Kategorie:Beenvisse