Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Montenegryns.

Die Montenegryne (Montenegryns: Црногорци / Crnogorci, [tsr̩nǒɡoːrtsi] of [tsr̩noɡǒːrtsi]) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Montenegro en aangrensende lande van die Balkanskiereiland, wat Montenegryns, 'n Suid-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Montenegro en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 45% van dié land se bevolking uit.

duimnael|links|Taalkundige struktuur van Montenegro volgens nedersettings in 2011, rooi is Montenegryns en blou Serwies duimnael|links|Taalkundige struktuur van Montenegro volgens nedersettings in 2003, rooi is Montenegryns en blou Serwies Wêreldwyd leef daar sowat 500 000 Montenegryne, waarvan 278 865 in Montenegro. Daarbenewens vorm Montenegryne belangrike minderhede in Serwië, Bosnië en Herzegowina, Kroasië, Noord-Masedonië, Slowenië en Albanië. Naas Montenegryne vorm Serwiërs die grootste etniese minderheid in Montenegro met 178 110 (28,7%).

Montenegryne word soms as 'n subgroep van die Serwiërs en soms as 'n eie etniese groep langs ander Suid-Slawiese volke soos Bosniake, Bulgare, Kroate, Masedoniërs, Serwiërs en Slowene beskou. Hierdie definise hang af van die klassifikasie van hul moedertaal as 'n Serwiese dialek of as 'n selfstandige taal.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Noord-Amerika Kategorie:Etniese groepe in Oseanië Kategorie:Etniese groepe in Suid-Amerika Kategorie:Montenegro Kategorie:Slawiërs