DHL is 'n internasionale dogtermaatskappy van die nasionale Duitse posonderneming Deutsche Post DHL. Oorspronklik was DHL 'n koerierdiens vir die versending van pakkette en briewe. Vandag is DHL 'n internasionale logistiekonderneming. Die maatskappy is in 1969 in San Francisco gestig. Die drie letters staan vir die drie familiename van die stigters daarvan: Adrian Dalsey, Larry Hillblom en Robert Lynn.
Eksterne skakels DHL se amptelike webtuiste
Kategorie:Duitse maatskappye Kategorie:Posdienste