Stoffel Vandoorne (* 26 Maart 1992 – ) is 'n professionele motorrenjaer van België, wat tot in 2018 vir die McLaren-span in Formule Een gejaag het.

Formule Een Hy het sy debuut in die 2016 Bahreinse Grand Prix gemaak toe hy Fernando Alonso vervang het, wie beseer is na sy ongeluk tydens die 2016 Australiese Grand Prix.

Formule E duimnael|links|Stoffel Vandoorne bestuur 'n HWA Racelab e-renmotor Op 15 Oktober 2018 word aangekondig dat Vandoorne vir die 2018-19 Formule E-seisoen vir HWA Racelab sal bestuur. Hy het by die Brit Gary Paffett aangesluit om die bestuurderspan vir HWA Racelab te voltooi.

Vandoorne begin daarmee sy Formule E-debuut net 3 weke nadat hy Formule 1 verlaat het en behaal die 17de plek in sy eerste wedren. Hy het ook sy eerste kwalifiserende voorste posisie in Formule E op 'n nat 2019 Hong Kong ePrix behaal. Hy was derde in die 2019 Rome ePrix en het sy eerste podium in Formule E behaal.

Verwysings

Kategorie:Belgiese renjaers Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense