duimnael|links|Esteban Gutiérrez jaag vir Sauber in 2013 Esteban Manuel Gutiérrez Gutiérrez (* 5 Augustus 1991) is 'n Meksikaanse renjaer.

Gutiérrez het vir die Sauber Formule Eenspan gejaag van 2011 tot 2014, maar was daarna sy plek kwyt. Hy is in 2015 as 'n toets- en reserwebestuurder by Ferrari aangestel.

Op 30 Oktober 2015 is aangekondig dat Gutiérrez vir die nuwe Haas F1-span sou jaag in die 2016 Formule Een-seisoen, sy enigste vir dié span. Hy kon geen kampioenskapspunte vir Haas aanteken nie.

Verwysings

Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Meksikaanse renjaers Kategorie:Geboortes in 1991 Kategorie:Lewende mense