Die Turkiese volke is 'n etnolinguistiese groep wat die sprekers van die Turkiese tale behels. Hulle is inheems aan Sentraal- en Wes-Asië, Siberië en Oos-Europa, veral suid en oos van die Swartsee asook rondom die Kaspiese See met lande soos Turkye, Oesbekistan, Kasakstan, Azerbeidjan, Turkmenistan en Kirgisië.
duimnael|links|Verspreiding van Turkiese volke Die grootste etniese groepe (volgens bevolking) is: Turke (63–69 miljoen), Oesbeke (30 miljoen), Azerbeidjanners (28–35 miljoen), Oeigoere (20 miljoen), Kasakke (15 miljoen), Turkmene (9 miljoen) en Kirgisiërs (4,5 miljoen). Hulle praat Turkiese tale soos Turks (71 miljoen), Oesbekies (27 miljoen), Azerbeidjans (26 miljoen), Kasaks (13 miljoen), Oeigoers (10,4 miljoen), Turkmeens (7,6 miljoen) en Kirgisies (4,6 miljoen) as moedertaal.
Verwysings
Eksterne skakels