duimnael|links|280px|Wehrlein gedurende die 2014 DTM-seisoen. Pascal Wehrlein (gebore 18 Oktober 1994) is 'n Duitse voormalige Formule Een renjaer wat vir Sauber-Ferrari in 2017 gejaag het. Hy het voorheen aan die Duitse Toermotormeesters (DTM) deelgeneem, en het die DTM-titel vir Mercedes-Benz se HWA AG-span in 2015 verower.

In 2014 word Wehrlein die jongste renjaer om 'n DTM-ren te wen (op ouderdom 19) asook die jongste renjaer om die titel te verower in 2015 op ouderdom 21.

Wehrlein het na Formule E verskuif vir die 2018–19 seisoen met Mahindra, en bly by die span aan tot die Marrakesh ePrix in 2020. Hy het daarna by Porsche se ePrix-span aangesluit in 2020–21, met 'n eerste wen by die 2022 Meksikostad ePrix. Wehrlein het sy eerste Wêreldkampioenskap verower na hy drie ePrix-wedrenne gewen het.

Verwysings

Kategorie:Duitse renjaers Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Geboortes in 1994 Kategorie:Lewende mense