Prof. dr. Barend Jacobus de Klerk (Burgersdorp, Kaapkolonie, 22 Augustus 1904 – Potchefstroom, Suid-Afrika, 21 April 1953) was predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika en hoogleraar aan dieselfde kerkgenootskap se Teologiese Skool op Potchefstroom.

Herkoms en opleiding duimnael|links|320px|Studente Teologiese Vereniging, Teologiese Skool Potchefstroom, 1926. Eerste ry: H.J. Vermeulen, F. Coetzee, P.W. van der Walt, Kuifie van der Walt, S.P. van der Walt, J.H. van Zyl. Tweede ry: J.P. van der Walt, B.J. de Klerk, H.C.J. Flemming, W.J. Postma, L.S. van der Walt, I.J. van der Walt, P.G.W. Snyman. Derde ry: J.J.H. Booysen, W.J. van der Merwe, J.L. van der Merwe, C.E.G. Malan, M. Postma, P.J. de Klerk, S.J. van der Walt, H.F.V. Kruger, J.L. de Bruin, A.L. Aucamp. Vyfde ry: Hugo du Plessis, P.J. Liebenberg, Fanus du Toit, B.B.B. Olivier, J.F. du Plooy, J.M. de Wet, J.B. du Plessis, S.C. Venter, A. Postma.

duimnael|regs|300px|Die Algemene Sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op Rustenburg, 4 April 1924, onder die seringboom waaronder die Kerk in 1859 gestig is en met prof. H.H. Kuyper as deputaat van die Geref. Kerke in Nederland. Eerste ry: A.S.E. Yssel, C.W.M. du Toit, J.V. Coetzee, J.G.H. van der Walt, J.H. Boneschans, J.C. van der Walt. Tweede ry: D.P. du Plessis, D. Rumpff, T. Hamersma, D. Postma, M. Postma, prof. H.H. Kuyper, L.P Vorster, proff. J.D. du Toit, J.A. du Plessis, I.D. Kruger. Derde ry: D.N. Kotzé, N.H. van der Walt, A. Duvenage, J.A. van Rooy, C.J.H. de Wet, B.J. de Klerk, W.J. de Klerk, G.H.J. Kruger, D.G. Venter, H.P.J. Pasch. Vierde ry: F.P.J. Snyman, H.J. Venter, P.J.S. de Klerk, H.S. van Jaarsveld, H.J.R. du Plessis, J.H. Kruger.

duimnael|350px|regs|Studente, dosente en besoekende predikante neem in April 1949 tydens die Sinode van die GKSA afskeid van Totius by die Teologiese Skool Potchefstroom. Eerste ry: D.F. Malan, G.P. Scheepers, C. Hatting, L.J. Botha, P.W. Buys, S.C.W. Duvenage, P.W. van der Walt, W.J. Postma, G.P.L. van der Linde, J.J.S. Venter, G.C.P. van der Vyver, M.J. Booyens, S.J. du Plessis, K.S. van Wyk de Vries. Tweede ry: J.V. Coetzee, P.J. Venter, P.J. Coetzee, J.W.J. van Ruyssen, D.J. van der Walt, H.G. Stoker, J.C. van der Walt, J.H. Boneschans, prof. J.D. du Toit, B.J. de Klerk, D.G Venter, A.S.E. Yssel, H.S. van Jaarsveld, H.J. Venter, D.N. Kotzé, N.T. Snyman. Derde ry: D.C.S. van der Merwe, B.R. Krüger, J. Postma, R.S.J. van Wyk, M. Postma, J.L. de Bruin, C.E.G. Malan, J.J.H. Booysen, B.J. de Klerk, A.L. Aucamp, J.A. Schutte, I.J. van der Walt, L.S. Van der Walt, S. du Toit, A. Duvenage, W.J. Snyman, P.J.S. de Klerk, T.T. Spoelstra.Vierde ry: D.J. Delport, J.L. Vorster, J.P. Jooste, A.A. Venter, J.F. du Plooy, H.F.V. Kruger, Jacs van Rooy, I.J. Lessing, J.M. de Wet, S.P. van der Walt, P.J. de Klerk.

De Klerk was die seun van Jacobus Johannes de Klerk en Anna Susanna Labuscagne. In 1930 voltooi hy sy studie aan die Teologiese Skool en PUK, waar hy agtereenvolgens die grade B.A., M.A. en B.D. behaal het en in sy kandidaatseksamen geslaag het. In 1935 vertrek hy met sy gesin na Nederland, waar hy aan die Vrije Universiteit onder prof. V. Hepp studeer en in 1937 die doktorsgraad behaal met ’n proefskrif oor “Vorme en karakter van die Biblisisme”.

Gemeentebediening As predikant het hy agtereenvolgens die volgende gemeentes bedien: Dordrecht, Indwe en Maclear (1931–1939), Middelburg, Kaap, (1939–1944), Kroonstad, Theunissen en Odendaalsrust (1944–1945) en Bloemfontein (1945–1952).

Hoogleraar Vanaf April 1952 het hy gedien as professor aan die Teologiese Skool in apologetiek en Christelike etiek tot by sy oorlyde op 21 April 1953. Hy het in verskillende deputategroepe gedien en was etlike jare raadslid van die PUK vir CHO. Die belange van land en volk het hom na aan die hart gelê. Hy het onder meer gedien in die sentrale komitee vir die reëling van die Van Riebeeckfees. Hy het ook lewendig belanggestel in die onderwys, en onder andere was hy voorsitter van die Bloemfonteinse Skoolraad.

Huwelikslewe duimnael|220px|regs|Ds. en mev. B.J. de Klerk en vermoedelik hul dogter op haar troudag op Middelburg, Kaap. Hy was die plaaslike Gereformeerde leraar van 1939 tot 1944. In 1931 is hy getroud met Irene Bouman. Uit die huwelik is twee seuns en ’n dogter gebore. Ná haar oorlyde tree hy in 1944 in die huwelik met Maria (Marietjie) van der Walt van Middelburg, Kaap. Uit die huwelik is ook twee seuns en ’n dogter, Mathilda (getroude van Van der Schyff) gebore. Drie van die seuns het ook predikant geword: Pieter Bouman (Bouwie) de Klerk, tussen 1957 en sy aftrede in 1998 agtereenvolgens leraar van Aliwal-Noord, Noord-Durban/Empangeni, Noord-Durban, Koedoesrand en Stilfontein. Hy is oorlede op 9 April 2015. Jacobus Johannes (Kosie) de Klerk, tussen 1968 en sy aftrede in 1998 agtereenvolgens leraar van Theunissen, De Aar en Boksburg-Suid. Hy is oorlede op 17 Junie 2001. Sy weduwee is Annatjie de Klerk. Dr. Barend Jacobus (Ben) de Klerk, tussen 1970 en 1997 agtereenvolgens leraar van Gobabis, Cachet, Randburg-Oos en Potchefstroom-Noord. Intussen was hy van 1981 tot 1984 direkteur van die PU vir CHO se studenteburo en eindelik van 1998 tot sy aftrede in 2010 professor aan die Teologiese Skool in Potchefstroom.

Uit prof. dr. De Klerk se pen het verskyn: Meetsnoere van die jeug, Die Roomse gevaar en Vorme en karakter van die Biblisisme.

Bron Van der Vyver, dr. G.C.P. 1969. My erfenis is vir my mooi. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds.

Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in 1904 Kategorie:Sterftes in 1953