Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Tibettaans.
Die Tibettane (Tibettaans: བོད་པ་) is 'n etniese groep inheems aan die outonome gewes Tibet in die Volksrepubliek China en die aangrensende lande van Suid-Asië: Bhoetan, Indië en Nepal.
duimnael|links|Vlag van Tibet en die Tibettane duimnael|links|Kaart van gebiede met 'n Tibettaanse meerderheid in die Volksrepubliek China Die Tibettane behoort tot die Sino-Tibettaanse volke wat naas die Volksrepubliek China ook in lande soos Bhoetan, Mianmar, Nepal en Indië se noordooste leef. Hulle praat Tibettaans as moedertaal en is hoofsaaklik aanhangers van die Tibettaanse Boeddhisme. In die Volksrepubliek China behoort die Tibettane tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite") en word "Zang" (Chinees: 藏族; pinyin: Zàngzú) genoem. Hulle leef veral in die Suidwes-Chinese outonome gewes van Tibet noord van die Himalaja.
Wêreldwyd leef omtrent 7,8 miljoen Tibettane, waarvan sowat 7,5 miljoen in Tibet en 190 000 in Indië. Die Tibettaanse diaspora het veral as gevolg van die Tibettaanse opstand van 1959 en die aansluitende anneksasie van Tibet deur China in Indië en Westerse lande soos Australië, Kanada, Switserland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State gevestig.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in die Volksrepubliek China Kategorie:Tibet