Die Besemvylvis (Amanses scopas) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Broom filefish.
Identifikasie Die vis word tot 20 cm lank. Dit is donkerbruin met verskeie nou, swarterige strepe in die middel van die lyf. Die lippe is wit en die stert swart. Daar is 'n klos, lang swart stekels net voor die stertvin se basis van die mannetjie; die wyfie het 'n klos swart dik hare.
Die vis leef in tropiese strandmere, baaie en vlak aflandige koraalriwwe in water wat 3 tot 18 m diep is. Hulle verkies 'n mengsel van sand en klippe in korale en rotsspitse. Die vis kom in pare voor. Hulle is sku, waaksaam en altyd naby skuilplekke. Hulle vreet ongewerweldes.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakel http://www.fishbase.se/summary/Amanses-scopas.html
Kategorie:Beenvisse