Sigmundur Davíð Gunnlaugsson (Yslands: [ˈsɪɣmʏntʏr ˈtaːvið ˈkʏnløyxsɔn]; * 12 Maart 1975 in Reykjavik, Ysland) het vanaf 23 Mei 2013 tot 7 April 2016 as Ysland se 25ste eerste minister gedien.
Ná proteste in die strate van Reykjavik vanweë onthullings in die Panama-verslag van die Mossack Fonseca regsfirma oor 'n besigheid van sy vrou Anna Sigurlaug Pálsdóttir wat bedoel is om belastings te ontduik is hy gedwing om af te tree.
Sy vrou het in 2007 Wintris Inc. gekoop, 'n besigheid op die Britse Maagde-eilande om geld wat haar pa, die enigste invoerder van Toyota op die eiland verdien het te belê. Aanvanklik het Gunnlaugsson 50% van dié besigheid besit, maar hy het dit vir $1.- verkoop aan sy vrou toe hy parlementslid geword het vir die Progressiewe Party. Hy het dit nooit bekend gemaak nie, maar daar is ook nie bewyse vir onwettige gebeure nie.
Hy word opgevolg deur Sigurður Ingi Jóhannsson, wat die minister vir landbou en vissery was in sy regering.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Yslandse politici Kategorie:Premiers Kategorie:Geboortes in 1975 Kategorie:Lewende mense