duimnael|links|Busstop op Thibaultplein duimnael|Thibaultplein in Kaapstad
Thibaultplein lê tussen wolkekrabbers langs Hans Strijdomlaan en naby die aansluiting daarby van Langstraat in die middestad van Kaapstad. Die plein is 'n gesamentilke ontwikkeling van die Stad Kaapstad, Anglo-American Properties en die Southern Lewensvereniging. Dit is op 16 November 1989 deur die burgemeester van die stad, Gordon Oliver, geopen. Die plein dra die naam van Louis Thibault, Suid-Afrika se eerste opgeleide argitek.
Op die plein staan sedert 1994 'n modernistiese kunswerk in staal en brons deur John Skotnes getiteld “Mythological landscape – a celebration of diversity”.
Eksterne skakels
Kategorie:Pleine in Kaapstad