Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Osseties.
Die Ossetiërs of Ossete (Osseties: ир, ирӕттӕ, ir, irættæ; дигорӕ, дигорӕнттӕ, digoræ, digorænttæ) is 'n Irannese etniese groep inheems aan Ossetië in die Kaukasus-streek. Hulle praat Osseties, 'n Irannese taal, as moedertaal en Russies of Georgies as tweede taal.
duimnael|links|Verspreiding van Ossetiërs in die Kaukasus-streek in rooi duimnael|links|Stamme in Ossetië Die meeste Ossetiërs leef in Noord-Ossetië-Alanië, 'n republiek binne die Russiese Federasie, gevolg deur Suid-Ossetië, 'n omstrede gebiede wat volgens internasionale reg tot Georgië behoort, en Turkye.
In teenstelling met die ander Irannese volke wat hoofsaaklik Islamities is, is die meeste Ossetiërs aanhangers van die Oosters-Ortodokse Kerk, gevolg deur die Ossetiese tradisionele godsdiens en Moslems.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Georgië Kategorie:Irannese volke Kategorie:Suid-Ossetië