Ahmed Mohamed Kathrada (* 21 Augustus 1929 – † 28 Maart 2017), was 'n African National Congress-lid en anti-apartheidsaktivis. Hy is saam met Nelson Mandela in 1964 in die Rivonia-verhoor tot lewenslange tronkstraf veroordeel.
Op 31 Maart 2016 het hy 'n brief geskryf waarin hy president Jacob Zuma oproep om af te tree vanweë Zuma se rol in die Nkandla-skandaal. Hy verklaar dat dit die enigste manier is om die vertrouenskrisis te beëindig en die land se regering daarvan te laat herstel. Sy vrou Barbara Hogan het eerder kritiek op Zuma gelewer.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1929 Kategorie:Sterftes in 2017 Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Alumni van die Universiteit van Suid-Afrika