Beverly Hills 280px Ligging in Kalifornië Seël 170px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land 20px Verenigde State Deelstaat 20px Kalifornië County Los Angeles County Koördinate Stigting 1914 Geïnkorporeer op 28 Januarie 1914 Oppervlakte: - Totaal 14,79 vk km Hoogte bo seevlak 79 m Bevolking: - Totaal (skatting 2015) 34 870 - Bevolkingsdigtheid 2357,7/vk km Tydsone PST (UTC -8) Somertyd: PDT (UTC -7) Klimaat - Tipe Mediterreense klimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 17,7 °C - Gem. temp. Januarie/Augustus 14 / 22,4 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 374 mm Burgemeester Julian A. Gold Amptelike Webwerf Beverly Hills
Beverly Hills is ’n onafhanklike welvarende voorstad van Los Angeles, Kalifornië, waar baie beroemde rolprentsterre woon.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Volgens algemene reg is dit 'n stad en munisipaliteitNota: Vir nedersettings in Kalifornië word die terme stad (city) en dorp (town) as sinonieme gebruik. Die munisipale bevoegdhede van nedersettings volgens algemene reg word deur die deelstaat se Government Code (ook California Codes genoem) bepaal. in die distrik Los Angeles County van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië. Sy stadsgebied word volledig omsluit deur die buurstede Los Angeles en West Hollywood (wat self ook byna volledig deur Los Angeles omsluit word).
Die gebied het oorspronklik deel uitgemaak van 'n Spaanse plaas en is vir die verbouing van limabone aangewend. In 1914 is Beverly Hills deur 'n groep beleggers geïnkorporeer wat op soek na 'n oliebron was, maar in plaas daarvan op water afgekom en besluit het om die plek as 'n nedersetting te ontwikkel.
duimnael|links|Europees geïnspireerde kommersiële boukuns in die voetgangerslaan van Rodeo Drive duimnael|links|Beverly Hills se raadsaal in die Spaanse Koloniale Herlewingstyl (Spanish Colonial Revival) dateer van 1932 duimnael|links|Styl en status op vier wiele - Italiaanse luukse motors in Beverly Hills In 2015 het Beverly Hills, waarna ook dikwels as "90210" verwys word (na aanleiding van een van sy hoofsaaklike poskodes), 'n bevolking van 34 870 gehad. Die stad, wat as een van die welvarendstes in die Verenigde State beskou word, staan onder meer bekend vir sy Rodeo Drive-winkeldistrik en die Beverly Hills-olieveld, een van min wat temidde van 'n stadsgebied geleë is en steeds ontgin word.
Beverly Hills se ekonomiese basis vergelyk gunstig met dié van groter nedersettings met enkele honderdduisend inwoners. Saam met pendelaars, wat bedags na die stad stroom, het Beverly Hills tydens dagure 'n bevolking van tussen 150 000 en 200 000. As 'n sogenaamde voldiens-gemeenskap verskaf die munisipaliteit aan sy burgers alle dienste soos polisie, brandweer, watervoorsiening en -suiwering, afvalverwydering en bouinspeksie. Beverly Hills het daarnaas sy eie skooldistrik met sommige van die beste skole in die hele Verenigde State.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in Kalifornië