Blousuur of waterstofsianied is 'n chemiese verbinding met formule . Sy soute heet sianiede en die suur behoort tot die pseudohalogeenfamilie en kan gesien word as die suur van sianogeen.

Gebruik Blousuur is baie giftig en word gebruik as insek- en knaagdierdoder. Dit word ook gebruik om sintetiese vesels en kleurstowwe te vervaardig.

Gevare In aanwesigheid van amines, hidroksiede asetaldehide of metaalsianiede of bo 184 °C kan die stof eksplosief polimeriseer.

Inaseming kan by 'n konsentrasie van 270 dpm dodelik wees.

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings