Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Kirgisies.

Die Kirgisiërs (Kirgisiese enkelvoud: кыргыз/kyrgyz, meervoud: кыргыздар/kyrgyzdar) vorm naas die Oesbeke, Kasakke en Turkmene die vierde grootste Turkiese etniese groep in Sentraal-Asië. Hulle vorm die titulêre nasie van Kirgisië, waar hulle sowat 72,6% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Kirgisies, 'n Turkiese taal, as moedertaal.

duimnael|links|Etniese kaart van Sentraal-Asië duimnael|links|Ryk Kirgisiese jagter met 'n valk – skildery deur Vasili Veresjtsjagin in 1871 Naas Kirgisiërs woon nog klein minderhede soos Oesbeke (14,4%) en Russe (6,4%) in Kirgisië. Kirgisiese minderhede woon ook in lande soos Oesbekistan (250 000), die Volksrepubliek China (143 500) en Rusland (103 422).

Wêreldwyd is daar omtrent 4,5 miljoen Kirgisiërs, waarvan sowat 3,8 miljoen in Kirgisië woon. In die Volksrepubliek China behoort die Kirgisiërs tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle woon veral in die Wes-Chinese outonome gewes Xinjiang saam met ander verwante etniese groepe soos Oeigoere, Oesbeke en Kasakke.

Die naam van die Kirgisiërs is moontlik van 40 (Turks: kyrk met die meervoud-agtervoegsel -yz) stamme afgelei wat onder die epiese held Manas verenig is en teen die Mongole geveg het. Die 40 strale van die son op die vlag van Kirgisië vertoon hierdie 40 stamme. Volgens 'n ander teorie is die naam afgelei van 40 meisies wat krygers geword en waaruit die Kirgisiërs ontwikkel het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Kirgisië Kategorie:Turkiese volke