Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Turkmeens.
Die Turkmene (Turkmeense enkelvoud: Türkmen, Түркмен; meervoud: Türkmenler, Түркменлер, [tʏɾkmɛnˈlɛɾ]) vorm naas die Oesbeke en die Kasakke die derde grootste Turkiese etniese groep in Sentraal-Asië. Hulle vorm die titulêre nasie van Turkmenistan, waar hulle sowat 85,6% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Turkmeens, 'n Turkiese taal, as moedertaal.
duimnael|links|Etniese kaart van Sentraal-Asië duimnael|links|'n Turkmeen in Turkmenistan geklee in tradisionele klere, deur Prokoedin-Gorski omtrent 1910 Naas Turkmene leef nog klein minderhede soos Oesbeke (5,8%), Russe (5,1%) en Kasakke (0,4%) in Turkmenistan. Turkmeense minderhede leef in lande soos Iran (1,3 miljoen), Afghanistan (200 000), Oesbekistan (152 000) en Pakistan (110 000).
Die Turkmene van Sentraal-Asië moenie verwar word nie met die Turkmene van die Midde-Ooste in Irak, Sirië en Turkye wat meer verwant aan Turke is en tydens die Ottomaanse tydperk daar gevestig het. Larry Clark. Turkmen Reference Grammar. Otto Harrassowitz Verlag, 1998; bl. 11.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Iran Kategorie:Etniese groepe in Turkmenistan Kategorie:Turkiese volke