Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Kasaks. Moenie verwar word met Kosakke nie.
Die Kasakke (Kasakse enkelvoud: қазақ, qɑzɑ́q, [qɑ'zɑq], ; meervoud: қазақтар, qɑzɑqtɑ́r, [qɑzɑq'tɑr], ) vorm die tweede grootste Turkiese etniese groep in Sentraal-Asië naas die Oesbeke. Hulle vorm die titulêre nasie van Kasakstan, waar hulle sowat 65,5% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Kasaks, 'n Turkiese taal, as moedertaal.
duimnael|links|Etniese kaart van Sentraal-Asië duimnael|links|'n Kasakse gesin in 'n Joert, 1911/1914 Naas Kasakke leef nog klein minderhede soos Russe (21,5%), Oesbeke (3%), Oekraïners (1,8%), Oeigoere (1,4%), Tartare (1,2%) en Duitsers (1%) in Kasakstan. Kasakse minderhede leef in lande soos die Volksrepubliek China (1,5 miljoen), Oesbekistan (800 000), Rusland (650 000) en Mongolië (100 000).
Wêreldwyd leef omtrent 15 miljoen Kasakke, waarvan sowat 11 miljoen in Kasakstan. In die Volksrepubliek China behoort die Kasakke tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle leef veral in die Wes-Chinese outonome gewes van Xinjiang saam met ander verwante etniese groepe soos Oeigoere, Oesbeke en Kirgisiërs.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in die Volksrepubliek China Kategorie:Etniese groepe in Kasakstan Kategorie:Etniese groepe in Oesbekistan Kategorie:Etniese groepe in Rusland Kategorie:Turkiese volke