Malvern is 'n voorstad van Durban, wessuidwes van die middestad.
Vir sensusdoeleindes beslaan die voorstad net meer as 6 km². In 2011 was die grootste deel van die bevolking van Indiese herkoms (47,22%), gevolg deur wit (36,32%) en swart bewoners (13,3%). Die meeste inwoners (amper 75%) was toe Engelssprekend, terwyl Afrikaans die naasgrootste huistaal was (13,7%).
Sien ook Queensburgh
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Durban