Die Khmer (Khmer: ខ្មែរ [kʰmaːe], Noord-Khmer: [kʰmɛr]), soms ook Kambodjane genoem, is 'n nasie en etniese groep inheems aan Kambodja en die aangrensende lande van Suidoos-Asië, veral Thailand en Viëtnam. Hulle vorm die titulêre nasie van Kambodja en maak omtrent 90% van Kambodja se bevolking uit.
duimnael|links|Verspreiding van etniese groepe in Kambodja in 1972 duimnael|links|Verspreiding van etniese Khmer wêreldwyd: Die Khmer behoort tot die Mon-Khmer-volke en praat Khmer as moedertaal wat saam met Viëtnamees tot die Austro-Asiatiese tale behoort.
Die Khmer is hoofsaaklik aanhangers van die Theravada-Boeddhisme, byna 95% volgens die laaste skatting in 2010, gevolg deur klein minderhede soos Moslems, Hindoes en Christene.
Wêreldwyd woon sowat 12 miljoen Khmer, waarvan sowat 1,2 miljoen in Thailand en omtrent tussen 1 en 1,4 miljoen in Viëtnam, waar hulle tot een van die 54 amptelik erkende etniese groepe behoort. Naas Viëtnamese, Tai en Thai vorm Khmer die vierde grootste etniese groep in Viëtnam.
Sien ook Khmer Rouge Khmer-ryk
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Demografie van Kambodja Kategorie:Etniese groepe in Europa Kategorie:Etniese groepe in Noord-Amerika Kategorie:Etniese groepe in Oseanië Kategorie:Etniese groepe in Thailand Kategorie:Etniese groepe in Viëtnam