Urmila Matondkar (gebore 4 Februarie 1974) is 'n Indiese filmaktrise en model wat in Marathi-, Hindi-, Tamil-, Telugu-, en Malayalamtalige films verskyn. Haar filmrolle het 'n bydra gelewer tot die skepping van 'n nuwe persoonlikheid vir 'n Hindifilmheldin. Sy is veral bekend vir haar intense styl- en dansvaardighede.

Persoonlike lewe Urmila Matondkar is gebore in Moembaai op 4 Februarie 1974. Haar vader was 'n dosent. Haar moedertaal is Marathi.

Op 3 Maart 2016 trou sy volgens Hindoeïstiese rituele met die Kasjmir-gebaseerde Islamitiese sakeman en model, Mohsin Akhtar Mir.

Eksterne skakels

Kategorie:Indiese akteurs Kategorie:Geboortes in 1974 Kategorie:Lewende mense