Elizabeth Alice "Ali" MacGraw (gebore op 1 April 1939) is ’n Amerikaanse aktrise, model, skrywer en diereregte-aktivis.
Loopbaan Van 1960 af het MacGraw ses jaar lank by Harper's Bazaar gewerk as ’n fotografie-assistent en daarna by Vogue as ’n model. Sy was ook ’n ruk lank ’n binneversierder.
Sy het haar toneelspelloopbaan in TV-advertensies begin. Die eerste rolprent waarin sy aandag getrek het, was Goodbye, Columbus (1969), waarvoor sy die Golden Globe vir die mees belowende nuweling gewen het. Sy het egter internasionaal roem behaal met haar rol in 1970 se Love Story teenoor Ryan O'Neal. Sy is vir ’n Oscar benoem en het die Golden Globe vir beste aktrise in ’n drama gewen. Dit was een van die prente wat die meeste geld nog laat inrol het. In 1972 is sy gekies as die top- vroulike loketster in die wêreld.Poll Names Charles Bronson, Ali MacGraw, Sean Connery
MacGraw het in 1972 in die misdaadprent The Getaway gespeel en is daarna met haar medester Steve McQueen getroud. Later was sy in die aksiefliek Convoy (1978) en die TV-minireeks The Winds of War (1983). In 1991 het sy haar outobiografie, Moving Pictures, gepubliseer.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geboortes in 1939 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu