Hadison Park is 'n residensiële voorstad van Kimberley, die hoofstad van die Noord-Kaap, Suid-Afrika.

Hadison Park is in 1957 aangelê en genoem na lede van die Jacobson-familie. Die woord "Hadison" is 'n samestelling. Dit word begrens deur Kestellhof in die noordooste, Rhodesdene in die noorde en Heuwelsig in die weste.

Vir sensusdoeleindes beslaan Hadison Park 1,11 km². In 2011 was hier 1 549 inwoners van wie meer as 78 persent wit was, amper 12 persent swart en 8 persent bruin. Destyds het meer as 83 persent van die inwoners Afrikaans as huistaal gehad en amper 13 persent Engels. Adrianforth.com. URL besoek op 28 Februarie 2016.

Bron Potgieter, D.J. 1973. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd.

Verwysings

Kategorie:Voorstede van Kimberley