Albion is 'n spoorweghalte in Mpumalanga, Suid-Afrika, sowat 17 km suidsuidwes van Carolina op die spoorlyn tussen Breyten en Machadodorp.
Albion is die poëtiese Griekse en Romeinse naam vir Brittanje. In Suid-Afrika is dit ook die naam van Albion Collieries, Albion Creek, 'n takrivier van die Noordkaaprivier, en Albionpan.
Bron Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
Kategorie:Mpumalanga