duimnael|links|Die Hervormde kerk Johannesburg, Cottesloe, soos dit voorkom op die program vir die inwyding daarvan op 30 November 1935. Dit is vandag nog 'n baken op 'n heuwel in die voorstad.
Cottesloe is 'n klein voorstad wes van Johannesburg se middestad, sowat 3 km noordwes van die stadsaal, wes van Braamfontein, noord van Vrededorp en Jan Hofmeyr, en suid van Parktown. Dit is so genoem deur die eertydse minister van lande dr. Adam Jameson na die Wes-Australiese dorp met dieselfde naam, sowat 11 km suidwes van Perth.
In 1960 het Cottesloe wêreldbekend geraak vanweë die Cottesloe-kerkeberaad wat hier gehou is.
Sien ook NG gemeente Cottesloe
Bron Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Johannesburg