Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Beloetsji.
Die Beloetsje (Beloetsji: بلوچ) is 'n Irannese etniese groep inheems aan Iran en Pakistan wat Beloetsji, 'n Irannese taal, as moedertaal praat.
duimnael|links|Vlag van die Beloetsje in Iran duimnael|links|Verspreiding van etniese groepe in Pakistan volgens die CIA in 1980 Wêreldwyd leef byna 10 miljoen Beloetsje, waarvan sowat 7 miljoen in Pakistan (3,6% van die bevolking) en omtrent 1,6 miljoen in Iran (2%). Hulle is veral aanhangers van die Soennitiese Islam en leef in die grensgebied tussen albei lande, asook in Suid-Afghanistan. Die stamgebied van die Beloetsje, Baloetsjistan, streek oor die suidooste van Iran, die weste van Pakistan, die suide van Afghanistan en grens in die suide aan die Arabiese See, 'n see van die Indiese Oseaan.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Iran Kategorie:Etniese groepe in Pakistan Kategorie:Irannese volke Kategorie:Etniese groepe in Afghanistan Kategorie:Etniese groepe in Oman