duimnael|links|Valens en Valentinianus Valentinianus I, die Grote (Flavius Valentinianus) (3 Julie 321 – 17 November 375) was keiser van die Wes-Romeinse Ryk van 364 tot 375.

In Valentinianus se tyd is die projek om die 6 400 km lang grense te versterk wat onder Diocletianus begin het amper voltooi.Handbook to Life in Ancient Rome, Infobase Publishing, 2014, ,

In die oostelike deel regeer Valens wat deur sy oudere broer Valentinianus aangestel is. Hy word self ná die dood van Jovianus deur die leër as keiser benoem. Die twee dele van die ryk begin onder hom en sy broer uit mekaar te groei. In die ooste is die Arianisme baie populêr en Valens bekeer hom tot hierdie vorm van Christendom. Valentinianus bly trou aan die eerste konsilie van Nicea, soos die meeste christene in die weste. Valentinianus kry veral te doen met invalle in Britannia en vanuit Germania aan die Ryn, wat in die boek de rebus bellicis beskryf word.Historical Dictionary of Byzantium, , Scarecrow Press, 2012, ,

Aan die noordelike grense probeer hy om Germaanse hoofde te gebruik om die situasie daar te verbeter. In 372 benoem hy byvoorbeeld Fraomarius as koning van die Bucinobantes. Later maak hy hom tibuun van 'n eenheid Alamanni en verplaas hom na Britannia om daar 'n krisis op te los.Romans, Barbarians, and the Transformation of the Roman World: Cultural Interaction and the Creation of Identity in Late Antiquity, Ashgate Publishing, Ltd., 2013, ,

Hy word opgevolg deur Gratianus.

Sien ook Lys van Romeinse keisers Lys van Bisantynse keisers

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Geboortes in 321 Kategorie:Mense in die 4de eeu Kategorie:Romeinse keisers Kategorie:Sterftes in 375