Craighall is 'n voorstad van Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika, sowat 10 km noord van die stadsaal, oos van Blairgowrie, wes van Sandhurst en suid van Hurlingham.

Craighall is omstreeks 1902 aangelê op grond wat W. Grey Rattray omstreeks 1891 aangekoop het. Hy het dit Craighall genoem na aanleiding van Craighall in Skotland, waarvandaan hy gekom het. Craighall Park, suid van Craighall, se naam het dieselfde oorsprong.

Bronne

Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.

Kategorie:Voorstede van Johannesburg