Algoapark is 'n voorstad van Port Elizabeth, die grootse stad in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Algoapark is sowat 6 km noord van die Baai se stadsaal geleë en suidoos van Salt Lake. Die naam is afgelei van Algoabaai, waaraan die stad geleë is. Die Afrikaanse vorm van die voorstad se naam, Algoapark, is jare gelede goedgekeur vir amptelike gebruik, maar die Engelse vorm, Algoa Park, word ook wyd gebruik.

Bronne

Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.

Sien ook Algoa (kiesafdeling)

Kategorie:Voorstede van Port Elizabeth