Belgravia is 'n voorstad in die ooste van Kimberley, die hoofstad van die Noord-Kaap, Suid-Afrika se grootste provinsie.
Vir sensusdoeleindes beslaan Belgravia 0,59 km². In 2011 was die inwonertal 872, van wie 48,6 persent (424) wit was en 33 persent (287) swart. Afrikaans was destyds die huistaal van die meeste inwoners (57 persent). AdrianFrith.com. URL besoek op 28 Februarie 2016.
Daar is gelyknamige voorstede in sowel Kaapstad as Johannesburg, in werklikheid die oostelike dele van Jeppestown.
Sien ook NG gemeente Belgravia
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Kimberley