Abbasasberg is 'n bergreeks in Namakwaland, Noord-Kaap, Suid-Afrika, sowat 150 km noordoos van Springbok, 63 suid van Warmbad, Namibië, en 3 km suid van die Oranjerivier.
Die naam is van Khoikhoi-oorsprong en afgelei van die woord "abba" (om op die rug te dra), want blykbaar lyk die berge asof hulle mekaar abba.
Bron Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town, Jonathan Ball Publishers.
Kategorie:Bergreekse in Suid-Afrika Kategorie:Noord-Kaap