Abenab is 'n nedersetting in die Otjozondjoepa-streek van Namibië, sowat 32 km noord van Grootfontein.
Die dorpie het in 1921 ontstaan as dienssentrum vir 'n myn wat lood, vanadium en sink gelewer het, maar wat in 1958 gesluit is. Die naam het 'n Khoikhoi-oorsprong en beteken "klimplek".
Bron Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
Kategorie:Nedersettings in Namibië