Wit Kasteel is 'n Afrikaanse rockgroep wat uit vier lede bestaan en in Pretoria gebaseer is. Die groep is deur hoofsanger Clemond Dartnall en voormalige kitaarspeler Jurie Schoeman in 2011 gestig. Vroeg 2012 het Waldemar Behr, 'n tromspeler, by die groep aangesluit en 'n paar maande later is Reinard Kruger as baskitaarspeler bygevoeg.

In 2013 het Jurie Schoeman die groep verlaat om verder te gaan studeer vir 'n geoktrooieerde rekenmeester. Dit het toe 3 jaar geduur, waartydens vele verskillende persone die rol van hoofkitaarspeler gevul het, voordat Wit Kasteel besluit het om die rol van hoofkitaar eerder aan 'n sessiemusikant te gee. Dus het Leon van den Berg, Clemond Dartnall se voormalige kitaaronderwyser, in 2015 aangesluit.

In 2015 het die groep hulle loopbaan afgeskop. Hulle debuutalbum Wit Kasteel, 'n 12-snit album, is vrygestel. Hulle het ook Die Nostalgie, 'n bekende lied van Laurika Rauch, wat hulle met 'n Rock-aanslag uitvoer, se musiekvideo vrygestel. Die lied het aanklank gevind by die luisteraars en was gewild op talle radiostasies se ranglyste.

Bronnelys www.witkasteel.co.za

Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe