Harold (Harry) KalmerEsaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Kalmer,_Harry (21 November 1956 – 26 Julie 2019) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer.
Lewe en werk Harry Kalmer is op 21 November 1956 in die Hansa Kliniek in Bellville gebore en was die vierde kind van die familie. Sy pa is Kenneth Laurence Kalmer, 'n elektrotegniese ingenieur by die Spoorweë, en sy ma is Johanna Christina Steyn. Die gesin verhuis na die Leeuhof Spoorwegkamp waarna hulle in 1959 na Johannesburg verhuis.Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/Harry_Kalmer Harry gaan vanaf 1963 tot 1969 skool by Florida Laerskool en vanaf 1970 is hy by Florida Hoërskool, waar hy in 1974 matrikuleer. Hy wen die Redenaarsbeker en in 1973 skryf hy sy eerste toneelstuk. Hy studeer dan verder aan die Universiteit van Pretoria, waar hy in 1979 'n B.A.-graad behaal, met Afrikaans-Nederlands en Dramakunde as hoofvakke. Gedurende hierdie tyd gaan hy in 1978 na Amerika, waar hy die land per bus deurreis. In 1979 werk hy as 'n spoorwegklerk, terwyl hy deeltyds sy studie voltooi. Na sy twee jaar militêre diensplig, waar hy onder meer vir dertien maande as luitenant op die grens diens doen, keer hy in 1982 terug na die Spoorweë om vertaalwerk te doen.
Hy neem later in hierdie jaar drie maande se opgehoopte verlof en toer deur Europa saam met sy meisie, Sanpat Hattingh. In 1983 trou hy met Sanpat, 'n mode-ontwerper, en die egpaar het twee kinders, Daniël en Jana. In sy lewe werk hy onder meer as treindrywersassistent, spoorwegklerk, vertaler/leksikograaf, kopieskrywer, arbeider in Griekeland, skottelgoedwasser in Londen, blommeplukker in Cornwall en as dramaturg en dramaregisseur. Hy begin werk by Paton Tupper and Associates as junior kopieskrywer in 1984. In 1986 bedank hy sy werk en neem 'n lang reis deur Europa saam met sy vrou, waar hulle onder andere vir 'n ruk in 'n klein dorpie in die suide van Italië bly en daar oorwinter. Met sy terugkeer na Suid-Afrika in 1987 aanvaar hy 'n betrekking in die advertensiewêreld en doen hierna werk vir onder andere Words and Magic, terwyl hy ook as senior lektor klasgee by AAA School of Advertising. Vanaf 1991 is hy vryskutskrywer en hy spits hom in hierdie tyd toenemend toe op die teater. Periodiek bied hy sy eie skryfkursus aan, onder andere by skole.
Vir sy reklamekopieskryf wen hy verskeie toekennings, onder andere in 2001 'n Pendoring-toekenning vir sy advertensie van Bic-aanstekers, waarmee hy ook 'n oorsese studiereis losslaan. Ander Pendorings wat hy verower is in 1995 en 1996, wanneer hy die wenner is van die tydskrifte- en kleinhandelafdeling. Hy gebruik die prysgeld vir 'n besoek aan Sri Lanka. Vir Rapport behartig hy 'n gereelde rubriek oor Vlieger, 'n karakter uit die laaste jare van apartheid, wat die lewe en kwessies van daardie veelbewoë tyd uitbeeld. In 2014 word hy benoem vir 'n ATKV-Mediaveertjie in die kunste-afdeling vir sy artikel “42 twiets aan Johannes Kerkorrel”, wat in Rapport se My Tyd-tydskrif verskyn het.
By die Universiteit van Stellenbosch skryf hy in 2010 in vir 'n M.A.-graad in skeppende skryfwerk, onder leiding van Marlene van Niekerk, wat hy in 2014 verwerf. Sy proefskrif handel oor die uitbeelding van Afrikaners in Johannesburg in Totius se “Trekkerswee” (1915), Karel Schoeman se “Spiraal” (1968) en P.G. du Plessis se “Siener in die suburbs” (1971). Die roman “ 'n Duisend stories oor Johannesburg”De Villiers, Johannes Bertus LitNet: http://www.litnet.co.za/n-duisend-stories-oor-johannesburg-deur-harry-kalmer/ Grobler, Riaan “Rapport” 14 September 2014Hambidge, Joan Woorde wat weeg: http://joanhambidge.blogspot.co.za/2014/08/harry-kalmer-n-duisend-stories-oor.html Maas. Deon “Beeld” 11 Augustus 2014 word ook vir hierdie kursus geskryf. Tydens sy dood het hy in Observatory in Johannesburg gewoon.Vrouekeur: http://www.vrouekeur.co.za/artikel.aspx?id=63444
Skryfwerk
Prosa Op skool skryf hy twee dramas wat nooit opgevoer is nie en later skryf hy kortverhale vir Die Huisgenoot wat nooit gepubliseer is nie. Sy eerste gepubliseerde werk, die kortverhaal “Die man wat deur 'n opblaasmatras vermoor is”, verskyn in Mei 1982 in Tydskrif vir Letterkunde en tussen 1983 en 1986 publiseer hy verdere verhale in Tydskrif vir Letterkunde en ook 'n aantal kortverhale in Stet. Meeste van sy gepubliseerde werk is prosa. Hy debuteer met “Die waarheid en ander stories”,Roos, Henriette “Rapport” 24 September 1989 waarin hy betrokke kortverhale bundel, met die politieke situasie telkens as agtergrond en mense wat nie inpas nie as hoofkarakters. Die lyding van individue word uitgebeeld in terme van mislukte verhoudings, verminking, selfdood en dood, met sommige van die verhale wat aansluit by die grensverhaal en die trauma daaraan verbonde. “Die waarheid” is die verhaal van Tienks ('n anti-apartheid aktivis) en Charl. Hulle ontmoet mekaar in 1977 wanneer Charl 'n student is en hy die haglike toestande in die Thornhill-plakkerskamp buite Port Elizabeth ontdek. Tienks is van mening dat die hele bestaan in Suid-Afrika 'n leuen is en dat die gemeenskap 'n leuen lewe. In so 'n toestand is die enigste regte keuse om nee te sê vir die leuen en die regering wat die land en sy mense verneuk. Tydens sy diensplig verloor Charl en Tienks kontak en hy trou later met Sarah. Hulle gaan Lesotho toe, waar hulle uitvind dat Tienks se huis jare gelede deur veiligheidspolisie verwoes is en dat sy doodgeskiet is. “Groceries – 56 stories oor huishoudelike produkte”Cilliers, Cecile “Rapport” 3 Desember 2006; Gouws, Andries “Beeld” 4 Desember 2006 is 'n bundel kortverhale met temas oor die hele spektrum van situasies waarmee Suid-Afrikaners kan identifiseer. Die agtergrond wissel van 'n afgeleë sendingstasie vroeg in die twintigste eeu tot in die woonstel van 'n ontheemde 2lste eeuse Afrikaner in die koue vreemde. Die stories handel oor oumas, kindwees, huweliksprobleme, misdaad en familie oorsee. Al die stories is geïllustreer en gebruik 'n item uit die inkopiesak om die leser te betower en weg te voer na hierdie realiteite. Sy kortverhale word gereeld in versamelbundels opgeneem, soos in “Vuurslag”, “Forces’ favourites”, “Eeu” en “Vonkfiksie”.
“X-Ray Visagie en die Vingers van God”Hambidge, Joan “Insig” Oktober 1993; Scheepers, Riana “Rapport” 10 Oktober 1993; Swanepoel, Eduan “De Kat” Februarie 19943; Van Zyl, Ia “Die Burger” 5 Oktober 1993 is 'n postmodernistiese roman wat in die jaar 1982 in Suid-Afrika gesitueer is, waar 'n gemilitariseerde lewenshouding die botoon voer. Jamaican Rumba het pas die July gewen. Apartheid vier hoogty en die paaie van Suid-Afrika wemel van Cortinas en Datsuns. X-Ray Visagie, die televisie-vasvrakampioen, word een oggend wakker en ontdek dat sy vriende, Suzette Thompson en Daan Fourie, die wapen opgeneem het. As lede van Die Vinger van God oefen hulle die reg tot direkte demokratiese geweld uit. Tydens die finale rondte van 'n televisie-vasvrakompetisieBurger, Kobus “Afrikaanse stukke vir TV verwerk” “Plus” 2 Julie 2005 word X-Ray voor 500 000 kykers ontvoer en beleef hy dinge wat hy eerder sou wou vermy. Die aksie lei tot meeste van die lede van Vingers van God se uitwissing, waarna 'n tweede groep, Vriende van die Vingers van God, ontstaan. Die speurder Barries Barnard probeer om sin te maak van die gebeure. Die bonte verskeidenheid karakters en die absurde geweldsituasies waarby hulle betrokke raak,Erasmus, Elfra “Harry Kalmer: betrokke, want daar is hoop” “Die Burger” 23 September 1989 maak die boek soos 'n tekenprent in woorde en is daarop gemik om die sensasionele aard van die samelewing te parodieer. Hierdie boek word in Engels vertaal as “Killing Afrikaners”, maar die oorsese mark vind die boek te Suid-Afrikaans. In “Kniediep”Olivier, Fanie “Beeld” 26 April 1999 verwys die titel na hoe groot die moeilikheid is. Dit is die tweede Barries Barnard-speurverhaal. 'n Suksesvolle sakeman uit stoere Afrikaner afkoms (Strijdom Benadé) probeer die moordenaar van die meisie (Tash) wat hy help grootmaak het, vastrek. Die gebeure in die verhaal strek oor slegs een week, met terugflitse om die karakters en die samelewing beter te belig. So wissel die verteller se weergawe tussen die hede en sy besoeke aan New York in die verlede. Die verhaal neem allerhande onverwagte wendinge en eindelik is die afloop nie wat die hoofkarakter wou hê nie.
Die novelle “Die man met die dertien kinders”Le Roux, Marina “Rapport” 26 Julie 1998; Venter, L.S. “Beeld” 3 Augustus 1998 is 'n soort moderne sprokie wat begin met Jos Goosens wat vir Mathilda 'n sjokolade op 'n Griekse eiland koop, terwyl dertien bootjies onder die volmaan op die Middellandse See wieg. Dit eindig met Jos en Mathilda en hul dertien kinders op 'n plaas in die Bosveld, waar Jos ten spyte van 'n lewe van mislukkings, rampe, verspeelde kanse en dronkenskap weer kan begin droom. Om vir sy (veelrassige) gesin te kan sorg, moet Jos diep in eie boesem delf en sodoende met sy Afrikaner agtergrond en die geweld, rassisme en paranoia daarin afreken. Die problematiese verhouding tussen Jos en Mathilda sorg ook vir vermaaklike kommentaar op familie en gemeenskap. Kalmer verwerk hierdie roman vir die radio en dit word op 20 November 2014 as radiodrama oor Radiosondergrense uitgesaai.
“Briewe aan 'n rooi dak”Boekkooi, Paul “Beeld” 24 Julie 2002; Greeff, Rachelle “Rapport” 15 Januarie 2006 word aanvanklik as drama opgevoer in die vorm van dramatiese monoloog en wen in 2003 die Anglo-Aardklop Smeltkroes-prys vir die beste nuwe inheemse drama. Die drama word verfilm, op KykNet uitgesaai en op DVD vrygestel. Dit is die verhaal van Magdaleen Otto, 'n ouer wordende vrou wat uit eensaamheid briewe aan die bure se rooi dak skryf. In die briewe kom haar lewensverhaal na vore en word die toenemende eensaamheid van 'n ou mens op aangrypende wyse vergestalt, met slegs herinneringe as geselskap en onvervulde verlangens as dryfveer. Sy kom eindelik gewelddadig aan haar einde. Hierdie is 'n bibliofiele uitgawe wat hy self uitgee, met handgeskrewe briewe in koeverte saamgebundel. “En die lekkerste deel van dood wees” is 'n roman waarin die verhaal vertel word deur die vyf karakters. Die eerste gedeelte is “Briewe aan 'n rooi dak”, wat die verhaal van Magdalena Otto vertel. Die tweede gedeelte, “Wolke”, is uittreksels uit die dagboek van Wolke Otto, Magdalena se kleindogter wat hoofsaaklik in Amerika by haar ma groot geword het. Hierdie gedeelte verwerk Kalmer later in 'n selfstandige toneelstuk. In “Hoorsê” neem hy die transkripsie van 'n kassetopname van die bekentenis en lewensverhaal van Basil Apolis op, wat vir Magdalena Otto vermoor het. Die vierde afdeling is die verjaardagbriewe van Kobus (Magdalena se seun) aan sy dogter Wolke of Camilla. Die laaste deel is die bydrae van Isak Otto, Magdalena se oorlede man en Kobus se pa, wat anderkant die graf sy verhaal vertel en lig werp op gebeure in die verlede en selfs 'n toekomsvisie gee. Die vyf dele skakel in mekaar en belig die ander gedeeltes, sodat die misverstande in die verhoudings opgeklaar word en die menslikheid van die karakters na vore tree. Musiek is die bindingselement, want Kobus is 'n suksesvolle musikant, Wolke volg in sy voetspore en Magdalena se desperate vashou aan haar kleindogter se CD, “Cloud music”, kos eindelik haar dood. Die dokumentêre aard van die roman verhoog die gevoel van objektiwiteit maar ook afstand en dit is uiteindelik vir Isak die lekkerste deel van dood wees, dat hy sy Magdalena weer kan sien sonder die front wat beide in hulle huwelik aan die ander voorgehou het. In 2007 word “En die lekkerste deel van dood wees” bekroon met die tweede plek in die Sanlam Groot Romanwedstryd.