Jomo Kenyatta (omstreeks 1897 – 22 Augustus 1978) was ’n Keniaanse politikus en die eerste president van Kenia. Kenyatta was die land se leier van onafhanklikheid in 1963 tot sy dood in 1978 en het as eerste minister gedien van 1963–’64 en daarna as president. Hy word beskou as die vader van die Keniaanse nasie. Kenyatta was ’n welopgevoede intellektueel en die skrywer van talle boeke. Hy word onthou as ’n Pan-Afrikanis. Sy seun Uhuru Kenyatta was die land se vierde president.
duimnael|links|'n Standbeeld van Kenyatta by die Kenyatta Internasionale Konferensiesentrum in Nairobi duimnael|links|Kenyatta woon die Eldoret-landbouskou van 1968 by Talle instellings en plekke dra Kenyatta se naam, onder meer Nairobi se Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe, Nairobi se hoofstraat en hoofstrate in talle dorpe en stede, verskeie skole, twee universiteite (die Kenyatta-universiteit en Jomo Kenyatta-universiteit van Landbou en Tegnologie), die land se belangrikste verwysingshospitaal, markte en behuisingsontwikkelings. ’n Standbeeld is vir hom opgerig in Nairobi se middestad en talle ander oral in die land. Kenia het ’n openbare vakansiedag (Kenyatta-dag) tot sy eer op 20 Oktober elke jaar gevier tot die Grondwet van 2010 dit afgeskaf en vervang het deur Mashujaa-dag (Heldedag). Voor die nuwe Grondwet aanvaar is, het Kenyatta se gesig op alle Keniaanse note en muntstukke gepryk, behalwe die 40-sjieling-muntstuk.
Bron Profiel van Mzee Jomo Kenyatta. URL besoek op 24 Februarie 2016.
Eksterne skakels
Kategorie:Presidente van Kenia Kategorie:Geboortes in 1897 Kategorie:Sterftes in 1978