regs|duimnael|Veelkleurige korale
Koraalriwwe is onderwater-ekostelsels in oseane en bestaan uit kalsiumkarbonaat-strukture wat deur koraaldiertjies afgeskei word. Die koraalriwwe word gebou deur kolonies van hierdie klein seediertjies wat in seewater woon waar min voedingstowwe aanwesig is. Die meeste koraalriwwe word deur steenkoraal gevorm wat bestaan uit poliepe wat in groepe versamel. Die koraalpoliepe bestaan uit seediertjies wat aan die Cnidaria-familie behoort wat ook seeanemone en jellievisse insluit. Die meeste koraalriwwe groei goed in warm, vlak, helder seewater met baie sonlig.
Koraalriwwe word dikwels die "reënwoude" van die oseaan genoem omdat dit een van die mees diverse ekostelsels op ons planeet is. Dit beslaan minder as 0.1 % van die wêreld se oseaanoppervlaktes en is ongeveer so groot soos die helfte van Frankryk, tog voorsien dit 'n tuiste vir ten minste 25% van alle mariene spesies,Spalding MD and Grenfell AM (1997).Spalding, Mark, Corinna Ravilious, and Edmund Green (2001).Mulhall M (Spring 2009) Saving rainforests of the sea: An analysis of international efforts to conserve coral reefs Duke Environmental Law and Policy Forum 19:321–351. insluitend visse, weekdiere, seewurms, skaaldiere, manteldiere, seekastaiings, sponse, en ander cnidaria.Hoover, John (November 2007).
Koraalriwwe word gewoonlik in vlak seewater in tropiese areas aangetref, maar daar kom ook koraalriwwe voor in koue water, wel op 'n kleiner skaal.
Koraalriwwe speel 'n belangrike rol in toerisme en die visvangbedryf en dit beskerm die kuslyn. Die jaarlikse ekonomiese waarde van koraalriwwe word bereken op tussen 29.8 en 375 miljard Amerikaanse dollar.Cesar, H.J.S; Burke, L.; Pet-Soede, L. (2003).Costanza, Robert; Ralph d'Arge; Rudolf de Groot; Stephen Farber; Monica Grasso; Bruce Hannon; Karin Limburg; Shahid Naeem; Robert V. O'Neill; Jose Paruelo; Robert G. Raskin; Paul Sutton; Marjan van den Belt (15 Mei 1997). Tog is koraalriwwe kwesbare ekosisteme omdat dit veral sensitief is vir die temperatuur van die water. Dit word gedurigdeur bedreig deur dinge soos aardverwarming, die aansuring van oseane, die onwettige gebruik van plofstof om vis mee te vang, die gebruik van 'n sianied-oplossing om akwariumvisse te vang. Dinge soos die oormatige gebruik van sonskerm,Danovaro, Roberto; Bongiorni, Lucia; Corinaldesi, Cinzia; Giovannelli, Donato; Damiani, Elisabetta; Astolfi, Paola; Greci, Lucedio; Pusceddu, Antonio (April 2008). die oorbenutting van die riwwe se hulpbronne, sekere praktyke op die land soos waterbesoedeling kan ook nadelig wees vir die riwwe omdat dit die oormatige groei van alge bevorder."Corals reveal impact of land use".Minato, Charissa (1 Julie 2002)."Coastal Watershed Factsheets – Coral Reefs and Your Coastal Watershed" .
Vorming Die meeste van die koraalriwwe wat vandag bestaan is gevorm kort na die laaste glasiale tyd toe smeltende sneeu veroorsaak het dat die seevlak gestyg het en die vastelandsplatoorstroom het. Dit beteken die meeste koraalriwwe is minder as 10 000 jaar oud. Toe die marienelewe hulself op hierdie vastelandsplat gevestig het, het die riwwe opwaarts gegroei. Op die riwwe wat te stadig gegroei het, was daar te veel water en onvoldoende lig om aan die lewe te bly.Kleypas, Joanie (September 21, 2010). Koraalriwwe word in die diepsee aangetref, weg van die vastelandsplat. Dit kom ook om sekere eilande in die oseaan voor of as atols. Die meerderheid van hierdie eilande is oorspronklik deur vulkane gevorm.
Wanneer die seebodem opwaarts styg, kan daar koraalriwwe om die kus groei maar wanneer die koraal bokant die seewater uitsteek, gaan dit dood en word dit kalksteen. Wanneer die land stadig wegbeweeg, pas die koraalriwwe aan en groei dit opwaarts op die basis van 'n ouer, dooie rif. Dit vorm dan 'n walrif wat die lagune tussen die koraalrif en die land toemaak. 'n Walrif kan reg rondom 'n eiland wees en wanneer daardie eiland wegsink in die see, sal 'n rowwe sirkelvormige atol van groeiende koraal bly groei tot op seevlak en so word 'n sentrale lagune gevorm. Wanneer hierdie bodem te vinnig sink, kan dit die groei van die koraal doodmaak. Wetenskaplikes noem dit koraalverdrinking.Webster, Jody M.; Braga, Juan Carlos; Clague, David A.; Gallup, Christina; Hein, James R.; Potts, Donald C.; Renema, Willem; Riding, Robert; Riker-Coleman, Kristin; Silver, Eli; Wallace, Laura M. (1 Maart 2009).
Die geomorfologie of vorming van koraalriwwe word bepaal deur twee feite: die voedingsbodem waarop dit rus, en die geskiedenis van die verandering in seevlak met betrekking tot daardie voedingsbodem.
Die Groot Koraalrif in Australië is ongeveer 20 000 jaar oud en is 'n voorbeeld van hoe koraalriwwe op 'n vastelandsplat gevorm word. Met die vorming daarvan was die seevlak sowat 120 m laer as in die 21ste eeu.Great Barrier Reef Marine Park Authority (2006).Tobin, Barry (2003) . Toe die seevlak gestyg het, is die koraal vasgevang op 'n stuk aarde wat deel van die Australiese kusvlakte was. Teen 13 000 jaar gelede het die seevlak gestyg tot 60 m laer as wat dit tans is en baie van die heuwels op die kusvlakte het kontinentale eilande geword. Die seevlak het bly styg en oor die meeste van hierdie eilande gestroom. Die koraal kon toe hierdie heuwels toegroei en dit het die banke en riwwe gevorm wat vandag gesien kan word. Die seevlak op die Groot Koraalrif het nie eintlik in die laaste 6 000 jaar verander nie, en die ouderdom van die lewendige rif word bereken tussen 6 000 en 8 000 jaar.CRC Reef Research Centre Ltd. Hierdie koraalrif is die grootste walrif in die wêreld. Dit is 300 tot 1 000 m van die kuslyn en dit strek vir 2 000 km.Four Types of Coral Reef Microdocs, Stanford Education.
Gesonde koraalriwwe groei horisontaal tussen 1 en 3 cm per jaar en vertikaal enigiets van 1 tot 25 cm. Dit groei net in water wat vlakker as 150 m is want dit het sonlig nodig. Dit groei nooit bokant seevlak nie.MSN Encarta (2006).
Tipes Daar is drie hooftipes koraalriwwe: Strandrif– Dis direk gekoppel aan 'n kuslyn of word geskei van 'n strand deur 'n vlak kanaal of lagune. Walrif – Dis 'n rif wat van die vasteland of eiland geskei word deur 'n diep kanaal of 'n lagune. Atolrif – Hierdie rif is min of meer sirkelvormig en strek reg rondom 'n lagune sonder 'n eiland in die middel. regs|duimnael|'n Klein atol in die Maledive-eilande regs|duimnael|'n Bewoonde bankeiland in die Maledive-eilande
Ligging duimnael|300x300px|Ligging van koraalriwwe regs|duimnael|300x300px|Op hierdie kaart is die gebiede wat met rooi gemerk is gebiede waar opwelling voorkom. Koraalriwwe kom nie voor in kusareas waar kouer, voedingstofryke water na bo opwel nie. Daar word bereken dat koraalriwwe ongeveer 284,300 km2 UNEP (2001) UNEP-WCMC World Atlas of Coral Reefs Coral Reef Unit bedek, net minder as 0.1% van die oseane se oppervlakte. Die Indo-Stille area (insluitend die Rooisee, Indiese Oseaan, Suidoos-Asië en die Stille Oseaan) maak ongeveer 91.9% hiervan uit. Suidoos-Asië huisves 32.3% van die totaal, terwyl die Stille Oseaan insluitend Australië 40.8% huisves. Koraalriwwe in die Atlantiese Oseaan en Karibiese gebied vorm 7.6% van die totaal.
Alhoewel koraal in matige en tropiese water voorkom, sal koraalriwwe in vlakwater net groei in die gebied 30° N tot 30° S van die ewenaar. Tropiese koraal groei nie in areas waar die water dieper as 50 meter is nie. Die maksimum temperatuur waarin koraalriwwe kan voortbestaan is 26–27 °C en min riwwe bestaan in water kouer as 18 °C.Achituv, Y. and Dubinsky, Z. 1990. Daar is wel riwwe in die Persiese Golf wat aangepas het by wintertemperature van 13 °C en somertemperature van 38 °C.Wells, Sue; Hanna, Nick (1992). Daar is ook ongeveer 37 spesies steenkoraal wat in strawwe omstandighede naby Larak-eiland digby Iran voorkom.Vajed Samiei, J.; Dab K.; Ghezellou P.; Shirvani A. (2013).
Diepwater-koraal kan in diep water teen kouer temperature oorleef, so hoog op soos Noorweë.Gunnerus, Johan Ernst (1768). Alhoewel diepwater-koraal ook riwwe kan vorm, is daar nie baie inligting hieroor beskikbaar nie.
Koraalriwwe is skaars langs die weskus van Afrika en die Amerikas omdat opwelling daar voorkom en sterk koue strome soos veral die Peru-, Benguela- en Kanariese Eilande-stroom die watertemperature in hierdie areas kwaai laat daal.Nybakken, James. 1997. Koraal word selde gevind op die kuslyn van Suid-Asië - van die oostelike punt van Indië (Chennai) tot die grense met Bangladesj en Mianmar, so wel as langs die kuslyn van noordoostelike Suid-Amerika, weens die varswater inlaat van die Ganges- en Amasonerivier onderskeidelik. Die Groot Koraalrif is die grootste en bestaan uit 2,900 individuele riwwe en 900 eilande en strek vir meer as 2600 kilometer langs die kus van Queensland, Australië. Die Meso-Amerikaanse Koraalrif is die tweede grootste en strek vir 1,000 kilometer vanaf Isla Contoy (Meksiko) by die punt van die Yucatan-Skiereiland tot by die Bay-eilande in Honduras. Die New Caledonia Koraalrif is die tweede langste dubbelwalrif in die wêreld en strek oor 1,500 kilometer. Die Andros Koraalrif in die Bahamas is die derde langste walrif. Die Rooisee bevat 'n strandrif wat nagenoeg 6000 jaar oud is al om die kuslyn van 2,000 km. Verskeie koraalriwwe wat oral in die Maledive voorkom. Die Filippynse koraalrifarea is die tweede grootste in Suidoos-Asië en is nagenoeg 26,000 vierkante kilometer en is die tuiste van 'n buitengewone verskeidenheid spesies. Wetenskaplikes het 915 vissoorte geïdentifiseer wat op die riwwe voorkom en daar is ook meer as 400 steenkoraal-spesies wat daar voorkom. 12 daarvan is endemies. Die Raja Ampat-eilande in Indonesië se Wes-Papua provinsie huisves die grootste verskeidenheid mariene lewe. NGM.natinalgeographic.com, Ultra Marine: In far eastern Indonesia, the Raja Ampat islands embrace a phenomenal coral wilderness, by David Doubilet, National Geographic, September 2007 Bermuda is bekend vir die koraalrif wat die verste noordwes geleë is - op 32.4° N en 64.8° W. Die voorkoms van koraalriwwe op hierdie breedtegraad is danksy die Golfstroom, 'n warm seestroom. Bermuda het 'n redelike groot verskeidenheid van koraalspesies wat verteenwoordigend is van die korale wat in die groter Karibiese gebied voorkom.Living Reefs Foundation.
Darwin se paradoks In The Structure and Distribution of Coral Reefs wat in 1842 gepubliseer is, het Charles Darwin beskryf hoedat koraalriwwe in sekere dele van die tropiese seë voorkom, maar nie in ander nie sonder enige logiese verklaring daarvoor. Die grootste en sterkste koraal groei in die dele waar die branders die rofste is en die koraal word swakker waar los sediment opbou.Darwin, Charles R. (1842).
Tropiese water bevat min voedingstowwe,Crossland CJ (1983) "Dissolved nutrients in coral reef waters In DJ Barnes (Ed) Perspectives on coral reefs, pages 56–68, Australian Institute of Marine Science. tog floreer 'n koraalrif hier soos "'n oase in die woestyn." Odum EP (1971) Fundamentals of ecology Saunders. Hierdie bevinding het aanleiding gegee tot die ekosisteem raaisel, soms ook bekend as "Darwin se paradoks. "Hoe kan hierdie ekosisteem so floreer in areas waar die voedingstowwe so gering is?"Sammarco, PW; Risk, MJ; Schwarcz, HP; Heikoop, JM (1999).Rougerie, F; Wauthy, B (1993).De Goeij, Jasper M (2009) "Element cycling on tropical coral reefs: the cryptic carbon shunt revealed" PhD thesis, page 13.
Koraalriwwe bedek minder as 0.1% van die aarde se oseaanbodems maar tog onderhou dit meer as een kwart van alle mariene spesies. Hierdie verskeidenheid sorg vir komplekse voedselwebbe waar groot roofvisse kleiner prooivisse eet wat op hul beurt weer van soöplankton lewe. Hierdie hele voedselweb maak uiteindelik op plante staat. Koraalriwwe produseer geweldig baie koolstof – ongeveer 5 tot 10 gram koolstof per vierkante meter se biomassa elke dag (gC·m−2·dag−1).Sorokin, Yuri I. (1993).Hatcher, Bruce Gordon (1 Mei 1988).