Abbotsford in Gauteng, Suid-Afrika, is 'n voorstad van Johannesburg. Dit grens aan die voorstad Oaklands en is sowat 7 km noordoos van die Johannesburgse stadsaal geleë.

Abbotsford is omstreeks 1902 aangelê en genoem na Abbotsford aan die Tweed in Skotland, die tuiste van sir Walter Scott.

Bronne

Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.

Kategorie:Voorstede van Johannesburg