Shelton Jackson "Spike" Lee (gebore op 20 Maart 1957) is ’n Amerikaanse rolprentregisseur, vervaardiger, draaiboekskrywer, akteur en professor. Sy produksiemaatskappy, 40 Acres and a Mule Filmworks, het meer as 35 rolprente vervaardig sedert 1983. Hy het sy regisseursdebuut gemaak met She's Gotta Have It (1986). Lee het self al in tien van sy rolprente opgetree.

Loopbaan Prente sedert 1986 sluit in Do the Right Thing (1989), Malcolm X (1992), The Original Kings of Comedy (2000), 25th Hour (2002), Inside Man (2006) en Chi-Raq (2015). Hy het in 10 van sy eie flieks gespeel.

Sy flieks ondersoek rasseverhoudings, kleuronderskeid in die swart gemeenskap, die rol van die media in die moderne lewe, stedelike misdaad en armoede, en ander politieke kwessies. Hy is twee keer vir ’n Oscar benoem en het ’n studente- en ere-Oscar gewen, asook talle ander pryse soos ’n Emmy, Gish-prys en ere-César.

Filmografie 1986: She's Gotta Have It 1988: School Daze 1989: Do the Right Thing 1990: Mo' Better Blues 1991: Jungle Fever 1992: Malcolm X 1994: Crooklyn 1995: Clockers 1996: Girl 6 1996: Get on the Bus 1997: 4 Little Girls 1998: He Got Game 1999: Summer of Sam 2000: The Original Kings of Comedy 2000: Bamboozled 2002: Jim Brown: All-American 2002: 25th Hour 2004: She Hate Me 2004: Sucker Free City 2006: Inside Man 2006: When the Levees Broke 2008: Miracle at St. Anna 2010: If God Is Willing and da Creek Don't Rise 2012: Red Hook Summer 2013: Oldboy 2014: Da Sweet Blood of Jesus 2015: Chi-Raq 2016: Michael Jackson's Journey from Motown to Off the Wall 2017: She's Gotta Have It 2018: BlacKkKlansman

Verwysings

Eksterne skakels Lee's Lens Exposes Inequalities, but he's no Revolutionary deur Brendan Kelly, Canwest, 11 April 2009

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Amerikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Amerikaanse rolprentvervaardigers