Chalicotheriidae is 'n uitgestorwe familie van soogdiere wat in die Mioseen-tydperk geleef het. Daar is nie baie fossiele gevind nie, desondanks word aangeneem dat die familie vir ongeveer 50 miljoen jaar suksesvol was. (2000) – De geïllustreerde encyclopedie van dinosauriërs en prehistorische dieren, Köneman, Keulen.

Die lede van die familie was onewehoewige diere met 'n perdagtige kop, lang voorpote, kort agterpote en 'n skuins aflopende rug. Aan die einde van al vier pote was 'n klouagtige voet wat uit keratien bestaan het. As gevolg van hierdie kloue kon die diere nie hardloop nie.

Uit die tande kan afgelei word dat die diere in bosse en woude geleef het en die blare van bome en struike gevreet het. Hulle kon hulleself moontlik op hul agterpote oplig.

Fossiele is in Eurasië, Afrika en Noord-Amerika gevind. Die onderkaak van 'n Chalicotheriidae is onder andere in Cornelia ontdek.

Indeling duimnael|Voorstelling van 'n Chalicothere

Borisslakia, † Butler 1965 Chalicotherium, † Kaup 1833 Chemositia, † Pickford 1979 Eomoropus, † Osborn 1913 Limognitherium, † Filhol 1880 Litolophus, † Radinsky 1964 Subfamilie Macrotheriinae, † Holland & Peterson 1914 Circotherium, † Holland & Peterson 1914 Moropus, † Marsh 1877 Nestoritherium, † Kaup 1859 Olsenia, † Matthew & Granger 1925 Subfamilie Schizotheriinae, † Holland & Peterson 1914 Ancylotherium, † Gaudry 1863 Metaschizotherium, † von Koenigswald 1932 Phyllotillon, † Pilgrim 1910 Schizotherium, † Gervais 1879 Tylocephalonyx, † Coombs 1979

Verwysings

Kategorie:Uitgestorwe soogdiere