Marlee Beth Matlin (gebore op 24 Augustus 1965) is ’n Amerikaanse aktrise. Sy het die Oscar vir beste aktrise in 1986 gewen vir haar spel in Children of a Lesser God – sy is beide die enigste dowe akteur wat dit nog reggekry het, asook die jongste tot dusver (sy was 21 jaar oud).

Loopbaan Matlin is doof vandat sy 18 maande oud was,Matlin, Marlee, I'll Scream Later, New York: Simon Spotlight Entertainment, 2009, p. 3. en is lid van die Amerikaanse Vereniging vir die Dowes."Marlee Matlin: ‘Do What You Have To Do’", NPR, 11 Augustus 2010.Rick Rojas, "Jack Jason gives voice to, but doesn't talk over, Marlee Matlin", Los Angeles Times, 21 Mei 2011. Sy het haar verhoogdebuut op sewe jaar gemaak, as Dorothy in die Internasionale Sentrum vir Doofheid en die Kunste se opvoering van The Wizard of Oz, en het deur haar kinderjare saam met die sentrum se kindergroep opgetree. Dit is in een van dié opvoerings waar sy deur Henry Winkler ontdek is, en dit het gelei tot haar eerste rolprentrol in Children of a Lesser God.

Sy het daarna drie benoemings vir ’n Golden Globe gekry, waarvan sy een gewen het, en vier vir ’n Emmy. Sy het in 2009 ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste: www.marleematlinsite.com

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geboortes in 1965 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu