Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Kopties.
Die Kopte (Kopties: ⲚⲓⲢⲉⲙ̀ⲛⲭⲏⲙⲓ ̀ⲛ̀Ⲭⲣⲏⲥⲧⲓ̀ⲁⲛⲟⲥ) is 'n etnies-godsdienstige groep inheems aan beide Noord-Afrika en die Midde-Ooste, hoofsaaklik in Egipte, waar hulle die grootste Christelike minderheid en 10% van dié land se bevolking vorm. Daarbenewens vorm Kopte die grootste Christelike minderheid in beide Soedan (1%) en Libië (1%).
duimnael|links|Die Koptiese kruis Die naam van die Kopte is afgelei van die Griekse naam vir Egiptenaars (Αἰγύπτιος Aigýptios) en verwys veral ná aanhangers van die Kopties-Ortodokse Kerk. In die Romeinse, Bisantynse en die vroeë Islamitiese tydperk in Egipte is die term apart van godsdienstelike betekenisse gebruik en het ná die bevolking van beide Alexandrië en Egipte verwys.
Die taal van die Kopte, Kopties, het in die 3de eeu n.C. uit Egipties ontstaan en het as gevolg van die toenemende gebruik van Arabies byna uitgesterf. Tans word Kopties hoofsaaklik as liturgiese taal gebruik en is in proses van herlewing. In Egipte, Soedan en Libië praat Kopte in hul alledaagse lewe veral Arabies en in die diaspora Engels en ander tale.
As gevolg van spanninge met die Islamitiese meerderheid en Egipte se ekonomiese afswaai het tussen 1 en 2 miljoen Kopte in lande soos Australië, Kanada, Nieu-Seeland, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State asook in verskeie lande van Afrika, Asië en Europa gevestig. In Suid-Afrika het sowat 15 000 Kopte gevestig, veral in groot stede soos Johannesburg, Durban, Kaapstad en Pretoria.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Christendom in Egipte Kategorie:Etniese groepe in Asië Kategorie:Etniese groepe in Egipte Kategorie:Etniese groepe in Europa Kategorie:Etniese groepe in Libië Kategorie:Etniese groepe in Noord-Amerika Kategorie:Etniese groepe in Oseanië Kategorie:Etniese groepe in Soedan Kategorie:Inheemse volke van Afrika