Latynonderrig geskied in verskeie lande wêreldwyd. In Suid-Afrika is Latynse skole reeds in 1714 gestig, hoewel die Britse Ryk eers in 1822 die Latynse taal op eie bodem, saam met Engels, verpligtend gemaak het. Maar Latyn se status as verpligte universiteitstoelatingsvak het teen die middel van die 20ste eeu ten einde geloop.

Latyn as onderrigtaal Latyn het 'n lang aanloop, opbloei, blinktydperk en ondergang beleef wat oor min of meer 'n paar eeue strek.

Latyn as onderrigtaal 1. Die saad van die Westerse opvoedkunde ontkiem met die humanisme. Die doel van die opvoeding is om van die kind 'n mens te maak. Iemand wat sy hele lewe bo en al wy aan die opheffing van die mensdom. Kortom, die mens het 'n volmaakte einddoel, en die doel van die mensdom is om hierdie teleologiese mens na te jaag. Omdat die ander moderne en lewende tale nog nie eens na behore ontwikkel is nie, word Latyn gebruik – waar die Westerse beskawing laas opgehou het, asook die taal van die Rooms-Katolieke kerk. Dit is 'n onwaarheid dat Latyn die volstrekte en enigste "skryftaal in die Middeleeue" was. Vir letterkundige doeleindes is dit slegs vanaf 800 tot ongeveer 1050 in 'n aansienlike mate gebruik. In amptelike stukke is Latyn geleidelik reeds vanaf 1250 en in die 14de eeu reeds byna volkome deur Diets, Frans of Duits (na gelang van die plek) verdring. Alleen as wetenskaplike en kerklike taal het Latyn homself gehandhaaf tot diep in die moderne tyd.Ons eie boek – Beskouinge: Bloemlesing uit die gedigte van Guido Gazelle In latere jare was daar wel skrywers wat fiksie in Latyn geskryf het, met 'n groter internasionale leserspubliek voor oë. Een sprekende voorbeeld is Ludvig Holberg met sy satire Nicolai Klimii iter subterraneum (1741), wat later ook in Nederlands uitgegee is, getiteld: De onderaardsche reis van Klaas Klim.

2. Die Christen-humanistiese denkrigting gaan tot niet. Latyn word in die werklikheid nou slegs 'n gemeganiseerde vorm van "ons leer taal", "ons leer die tekste en waarhede van die Grieke en Romeinse skrywers." By die meeste skole word die kinders aanvanklik vanaf Dag 1 in Latyn onderrig. Die invalshoek van die leerplanne van die onderskeie lande verskil egter: In Pruise word meer klem gelê op mondelingse kommunikasie in die klaskamer. Die Franse gaan weer die ander weg: kinders moet woordeboeke goed leer gebruik, analise doen en word doodgegooi met grammatikalesse. Die Pruise kon vlot en selfs beter Latyn praat as die Franse, maar hul skryf van verse was weer nie so goed afgerond soos die Franse s'n nie.Waquet, F. 2001. Latin: or the empire of a sign. Translated by Howe, J. Le latin ou l'empire d'un signe. New York/London:Verso, p.32

Die opkoms van die volkstaal 3. Twee dinge gebeur skaars 'n paar eeue uit mekaar: die drukpers veroorsaak dat meer boeke in die volkstaal gedruk word as in Latyn.Waquet, F. 2001. Latin: or the empire of a sign. Translated by Howe, J. Le latin ou l'empire d'un signe. New York/London:Verso, p.81-88 Vir die intelligentsia kon dit nie veel raak nie. Maar nuwe vakke word ook in die skool toegevoeg, sodat kinders minder tyd kry om blootgestel te word aan Latyn. Hierdie Latyn was aanvanklik die voertaal vandat die seun die skool binnestap (dogters is nog nie onderrig nie). Leerlinge verstaan met verloop van jare al hoe minder Latyn, ook met vernuwende konsepte en wetenskap wat tot volle bloei kom en nuwe begrippe vereis, sodat die dosent, onderwyser en professor later verplig word om sy lesse in die volkstaal aan te bied. Die Hervorming het verder ook heelwat veranderinge teweeggebring: die klem was nou ook op die volkseie (die universiteite wat vroeër deur die kerk onderhou was word nou deur die staat beheer. Dit is juis wat die Katolieke kerk vroeër probeer verhoed het: skeuring van die kerk deur volke wat nie deur een taal, Latyn, gebind is nie. Latyn was tot in die 1700's die onderrigtaal by Wes-Europese universiteite, en die volkstaal is destyds slegs vir letterkunde gebruik. Die universiteite kon nou 'n nasionale gevoel en karakter kry). Dit is wel interessant dat die Protestante lande, veral die Germaanse volke, juis Latyn langer probeer behou het (hulle het ook meer aandag aan Grieks en Hebreeus gegee as onder die Romaanse volke) – vergeleke met Frankryk wat lankal met Latyn uitgekuier was teen die 1700's – grootliks weens tradisie, die algemene skool wat steeds in Latyn gehou is, die tydsame aanvaarding van Germaanse tale in die akademiese ruim, die uitwisseling van inligting met vakgenote die wêreld oor, en omrede die Kontinentaal-Germaanse tale nog nie "Germaanse" woorde uitgedink het om Latynse begrippe mee uit te druk nie (Engels, die Eiland-Germaanse taal, het eenvoudig net die Latynse en Franse woorde geleen).Waquet, F. 2001. Latin: or the empire of a sign. Translated by Howe, J. Le latin ou l'empire d'un signe. New York/London:Verso, pp.78, 84, 87, 91

Deur die Hervorming en Teenhervorming het die geleerdes hul teologiese werke toenemend in die landstaal geskryf om die menigte te bereik. Aan die Duitse universiteite het Latyn in die 18de eeu in onbruik geraak by geleerdes en filosowe; die eerste universiteite wat die onderrigtaal hier vervang het deur die volkstaal was die Universiteit van Halle en die Universiteit van Göttingen.

Voornemende doktore in die lettere moes in die negentiende eeu in Frankryk naas 'n proefskrif in Frans, 'n tweede in Latyn indien. Dit het met die verloop van jare 'n beslommernis geword en min kandidate kon moderne idees in Latyn uitdruk. Ook die ontvangers van die Latynse teks sou hul spyt uitspreek wanneer 'n goeie werk in Latyn geskryf is.

Naas die onderrigtaal is Latyn ook vir toesprake aan die universiteit gebesig. In 1850 het die rektor van die Universiteit van Groningen vir die eerste keer die openingsrede in Nederlands gedoen uit dankbetuiging vir die burgers vir hul ruime bydrae tot 'n nuwe akademiese gebou.Steyn, J.C. 1993. DIE VOERTAALVRAAGSTUK AAN DIE SUID-AFRIKAANSE UNIVERSITEITE TOT ONGEVEER 1930, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 11(18): 223-275, (Besoek op 27 September 2014)

Latyn verloor sy openbare waarde 4. Met die totstandkoming van die Nuwe Wêreld (Amerika en ander Europese kolonies) begin diegene ook buite Europa (volksplanters, boere, houtkappers, nyweraars, handelaars; diegene wat in latere jare net-net die "stande" kon vryspring (Amerika verleen geen spesiale regte aan die Adel nie), of onafhanklik voel), toenemend die nut van Latyn te bevraagteken. Ook sekere godsdiensgroepe, soos die Quakers, beskuldig Klassieke Grieks en Klassieke Latynopvoeding van heidense gebruike en invloede wat in die kind se kop geprent word.Waquet, F. 2001. Latin: or the empire of a sign. Translated by Howe, J. Le latin ou l'empire d'un signe. New York/London:Verso, p.180 Die belangrikste kritiek het gedraai rondom nut:

4.1. Jy kan die hoogste sport sonder Latyn bereik (tegnoloë, uitvinders, boere, ontdekkers, nyweraars, ens.)Waquet, F. 2001. Latin: or the empire of a sign. Translated by Howe, J. Le latin ou l'empire d'un signe. New York/London:Verso, p.175 4.2. Dit is onmoontlik om 'n dooie taal aan te leer (vergeleke met moderne tale waar jy altyd die sprekers rondom grammatika, uitdrukkings, nuanse ens. kan raadpleeg). Daar is buitendien geen sekerheid hoe suiwer die taalgebruik van onder andere Cicero, Julius Caesar en Ovidius was nie. Uit 'n honderd leerlinge sou slegs onder tien van hulle Latyn vlot kon lees en praat. Die res het hul tyd gemors – kosbare tyd wat aan iets beter geskenk kon word.Waquet, F. 2001. Latin: or the empire of a sign. Translated by Howe, J. Le latin ou l'empire d'un signe. New York/London:Verso, p.151 4.3. Die meeste leerlinge vergeet wat hulle in Latyn geleer het sodra hulle die skoolbanke vaarwel roep. Die gehalte was in elk geval so power, of so wisselvallig, die toekoms op universiteit (as die leerling se ouers geld gehad het) kon nie veel beter lyk nie.Waquet, F. 2001. Latin: or the empire of a sign. Translated by Howe, J. Le latin ou l'empire d'un signe. New York/London:Verso, p.181 Meer dikwels het die akademici juis nie in mooiskrywery belanggestel nie: hulle hoofdoel was om die nuwe kennis in eenvoudige, bondige en prontuit taal aan die leser te rig. Hierdie Latyn was nie Klassieke Latyn nie, maar 'n kunsmatige taal, Nieulatyn.Waquet, F. 2001. Latin: or the empire of a sign. Translated by Howe, J. Le latin ou l'empire d'un signe. New York/London:Verso, p.272 4.4. Latyn maak nie van jou 'n uitstekende skrywer en spreker in die moedertaal nie: die natuurlike taal word eerder geaffekteer deur die verskeie Latinismes en skoolvossery. Boonop het Latyn juis nie die leerling geleer logies dink nie, maar eerder sy/haar skeppingskrag doodgesmoor met grammatika. 4.5. Teoreties gesproke sou 'n Fransman, Italianer, Spanjaard, Nederlander, Duitser, Skot en Rus wat Latyn in mekaar se geselskap gepraat, voorgedra of voorgelees het mekaar goed kon verstaan. In der waarheid was Latyn wat uitspraak betref glad nie so universeel gangbaar as wat aanvanklik vermoed is nie. Die 'eenheid' wat Latyn dan in die Katolieke Kerk onder sy lidmate regoor die wêreld sou smee, is daarom onwaar. Dit is in die praktyk onmoontlik om presies vas te stel hoe woorde in Latyn oorspronklik nog in die jare voor en na Christus uitgespreek is. Elke land en volk het die alfabet en uitspraak daarom by sy eie taal probeer pasmaak. 'n Naam soos byvoorbeeld Cicero is dus in Engels uitgespreek /ˈsɪsᵻroʊ/ (si-se-rou), in Duits /tsitsɪro:/ (ˈtsie-tse-rô), Italiaans (ook vandag die amptelike Rooms-Katolieke uitspraak, of Kerklatyn) /'ʧiʧero/ (tsjie-tsjee-rô), en die veel later rekonstrueerde Klassieke Latyn (wat die Afrikaanse skoolhandboeke ook gebruik het) /ˈkɪkɛroː/ (kie-ke-rô). In Frans en Spaans heet die naam weer Cicerón (sie-se-ron), na die Grieks. Toe die Klassieke Latyn as nuwe eenvormige taalreël voorgestel is, was die universiteite hiervoor redelik ontvanklik. Die voorstel is egter met luide protes deur onderwysers begroet; in elke land was die subjektiewe, maar irrasionele redes presies dieselfde: "ons manier van uitspraak klink mooier!", "ons is al so gewoond daaraan!", "dit is tradisie!". In een Franse handboek was dit ook nie snaaks om drie uitspraakvorme aan te tref nie. Die eerste is die tradisionele Franse uitspraak van die Latynse woorde, dan volg die kerklike uitspraak (Italiaans) en laastens die Klassieke Latyn. 'n Leerling sou dan ook die een skool verlaat net om 'n nuwe uitspraakleer by die volgende skool en selfs by die universiteit in sy/haar eie land te moet aanleer.Waquet, F. 2001. Latin: or the empire of a sign. Translated by Howe, J. Le latin ou l'empire d'un signe. New York/London:Verso, pp.152-171 4.6. Denis Diderot het opgemerk die Romeinse en Griekse werke in die Latynse klasse is dwarsdeur die eeue heen doodvertaal.Waquet, F. 2001. Latin: or the empire of a sign. Translated by Howe, J. Le latin ou l'empire d'un signe. New York/London:Verso, p.176 Daar was geen afwisseling nie. 'n Skolier kon later slegs 'n boek by die biblioteek gaan uitneem – en daar is sy middaghuiswerk kant en klaar vertaal. Verder was daar altyd iemand anders wat die huiswerk vir die leerling kon doen, soos 'n familielid of boesemvriend. Die Franse elite het dikwels in ekstatiese vervoering lofliedere oor Latyn besing, maar egter self ook Franse vertalings in hul boekerye gehad. Die kennis en wysheid van die wysgere uit die Oudheid, wat glo slegs in Latyn oorgedra kon word, kon netsowel veel vinniger in die volkstaal oorgedra word. 4.7. Later in Suid-Afrika meld Lubbe (1979) in die voorwoord van die eerste boekdeel van Latyn vir regte: die Klassieke Latyn wat in matriek geleer word is nie beroepsgerig nie. Die leerling of student moet eerder beroepsgerig onderwys word, soos in Kerklatyn (indien hy/sy predikant wil word) of Regslatyn (indien hy/sy 'n regsgeleerde wil word):Lubbe, W.J.G. 1979. Latyn vir Regte. Deel 1. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika, p.vii