Kevin Delaney Kline (gebore op 24 Oktober 1947) is ’n Amerikaanse akteur van die verhoog en rolprente, komediant en sanger. Hy het ’n Oscar en twee Tonys gewen, en is in 2003 in die Amerikaanse Teater-eresaal opgeneem.
Loopbaan duimnael|links|160px|Kline in 1989 by die Oscar-toekenningsaand.
Kline het sy loopbaan op die verhoog in 1972 begin by The Acting Company. Hy het twee Tonys gewen vir sy werk in Broadway-musiekspele: vir die 1978-produksie van On the Twentieth Century en die 1981-weergawe van The Pirates of Penzance.Kevin Kline in die Internet-Broadway-databasis
Hy het die volgende jaar sy rolprentdebuut teenoor Meryl Streep in Sophie's Choice gemaak. Vir sy rol in die 1988-komedie A Fish Called Wanda het hy die Oscar vir beste manlike byspeler gewen. In 2003 was hy Falstaff in die Broadway-produksie Henry IV, en daarvoor het hy die Drama Desk-prys gewen.
Hy is ook benoem vir ’n Emmy, twee Baftas en vyf Golden Globes, en het in 2004 ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry.
Sy ander prente sluit in The Big Chill (1983), Silverado (1985), Cry Freedom (1987), Dave (1993), The Hunchback of Notre Dame (1996), The Ice Storm (1997), In & Out (1997), De-Lovely (2004) en My Old Lady (2014).
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu